Swapo beslis dorpsraadslede se lot
Teen laat gistermiddag was 'n reeds ure lange vergadering oor raadslede van Okahandja en Rundu steeds nie afgehandel nie.
Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is.
Verskeie nasionale hoës, insluitend die staatspresident, was teenwoordig. Rundu se raadslede is eers om 16:00 ingeroep nadat almal reeds sedert 13:30 daar vergader het, terwyl Okahandja-raadslede gevra is om buite te wag. Teen druktyd was die uitslag van die ingryping nog nie bekend nie.
Dit volg op ongehoorsaamheid van Swapo-dorpsraadslede van die twee dorpe wat nie direkte opdragte van die party se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, gevolg het nie.
Nampa het berig oor die munisipale raadslede van Okahandja wat Vrydag 15 Februarie vir mnr. Johannes (Kongo) Hindjou as burgemeester herkies het, ondanks Shaningwa se bevel dat me. Sophia Upithe verkies word.
Shaningwa het dit ook duidelik gemaak dat Hindjou as 'n gewone raadslid aangewys moet word. Die raadslede het egter verskillende idees gehad. Toe landdros Khaepriums Swartz as voorsittende beampte die raadslede gevra het om hul voorkeurkandidaat vir burgemeester te nomineer, was dit die PDM (Popular Democratic Movement) se me. Sylvia Karuuombe wat vir Upithe genomineer het, berig die nasionale nuusagentskap.
Die nominasie is gesekondeer deur die UDF (United Democratic Front)-lid mnr. Frederick Shimanda. Upithe moes toe haar nominasie aanvaar of weier.
"Ek sal nie hierdie grap aanvaar nie. Ek kan nie die nominasie deur die opposisie aanvaar nie. Dit is nie wat die SG gesê het nie. Ek sal nie sit totdat die riglyn gerespekteer word nie, " het 'n woedende Upithe gesê terwyl sy haar nominasie afgekeur het.
Shimanda het volgens Nampa toe sy sekondering teruggetrek. "Ek het gedink ek het 'n mederaadslid benoem en nie 'n politieke party nie. Ek het gedink ons is almal hier om die mense te dien, maar vir haar om te sê sy kan nie deur 'n opposisielid gesekondeer word nie . . . dan trek ek dit terug," het hy gesê.
Hindjou is toe genomineer deur me. Helmi Maruru en dit is gesekondeer deur me. Hileni Iita van Swapo. Hy het sy nominasie aanvaar en is as die tuindorp se burgemeester ingehuldig.
Iita is sy adjunk, terwyl mnr. Gideon Uwu-Khaeb as voorsitter van die bestuurskomitee gekies is. Maruru is die bykomende lid van die bestuurskomitee. Een pos op die bestuurskomitee is vakant nadat Upithe, wat genomineer en gesekondeer is om dit te vul, dit verwerp het, berig Nampa.
Op Rundu is drie Swapo-raadslede laas Donderdag 14 Februarie 2019 afgedank en het gisteroggend nog die regerende party daaroor met die hof gedreig. Die nuwe burgemeester, mnr. Isack Kandingu, sy adjunk, me. Toini Hausiku, en die voorsitter van die bestuurskomitee, me. Anastacia Antonio, is deur die party in die pad gesteek, Dit nadat hulle 'n lid van die opposisieparty, mnr. Mathew Wakudumo van die All People’s Party, tot die dorp se bestuurskomitee verkies het, en ook nie die vorige status quo gehandhaaf het nie.
Shaningwa het in 'n brief uitgereik deur die streekskoördineerder van Kavango, me. Ottilie Shinduvi, gesê hulle word herroep ingevolge 'n besluit wat die party se politburo op 30 Januarie geneem het.
Die drie het laas week by wyse van hul regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo Regspraktisyns, 'n brief aan Shaningwa geskryf. Daarin beweer hulle dat herroep word sonder die geleentheid om gehoor te word voordat die besluit geneem is. Hulle het ook geëis dat die besluit omgekeer word.
"In die afwesigheid van bogenoemde is u voormelde optrede onwettig en ongeldig. Ons eis nou dat u onderneem om nie verder voort te gaan met enige aksie wat bedoel is om u vorige besluit op ons af te dwing nie,” lui die brief. - Nampa/bykomende beriggewing Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie