Swapo onder skoot
’n Opposisieleier sê die regerende party misbruik staatshulpbronne.
Denver Kisting – Die regerende party is in die spervuur omdat hy glo op staatshulpbronne teer.
Dít kom nadat Swapo Sondagaand op Otjiwarongo in die Otjozondjupastreek ’n sentrale komitee-vergadering belê het.
Die regering se amptelike Heldedagvieringe het die volgende oggend ook op Otjiwarongo plaasgevind.
Mnr. Nico Smit, tesourier-generaal van die Popular Democratic Movement (PDM), sê Swapo het voordeel getrek uit staatshulpbronne omdat die reis, verblyf, veiligheid en kos deur die regering betaal is.
Syns insiens kom deursigtigheid, verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid hierdeur in die gedrang. “Net onlangs tydens die stadsaalvergaderings het die Swapo-president, dr. Hage Geingob, sy amptelike besoek aan die 14 streke gebruik om partyleiers toe te spreek. Dit beteken hy het die twee verskillende geleenthede gekombineer om dieselfde hulpbronne te gebruik.”
Smit vra voorts: “Hoe baklei ons teen korrupsie in dié situasie as die lyne tussen die party- en staatsfunksies vaag is?”
Swapo reageer
Dr. Tobie Aupindi, lid van Swapo se sentrale komitee, het die bewerings by navraag as bog afgemaak.
“Dit is ontbloot van alle waarheid,” het hy gesê.
Hy sê Swapo het self pa gestaan vir die sentrale komitee-lede se verblyf.
“Boonop is daar 84 lede van die sentrale komitee en ongeveer 45 van hulle is nie in diens van die uitvoerende gesag nie.”
Die belangrikste is, sê Aupindi, die meeste kiesers het gestem dat Swapo die land regeer. “So, dit moenie vreemd wees as Swapo en die regering saam gesien word nie, omdat ons die ware verteenwoordigers van Namibiërs is,” sê Aupindi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie