Swapo ontvang glo net N$6 miljoen
Swapo ontvang glo net N$6 miljoen

Swapo ontvang glo net N$6 miljoen

Volgens ’n forensiese verslag is N$50 miljoen in die trustrekening van DHC inbetaal waarvan Swapo net ’n fraksie van ontvang het.
Kristien Kruger
Ogone Tlhage en Jemima Beukes

Die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, stel dat hy nie verantwoordelik was vir die oorbetalings aan entiteite wat geld uit die trustrekeninge van die regsfirmas Sisa Namandje en De Klerk, Horn & Coetzee (DHC) ontvang het nie.

Die staatsaanklaer, mnr. Cliff Lutibezi, het die opmerking verlede week tydens die beskuldigdes se formele aansoek om borgtog in die hoërhof gemaak.

Volgens besonderhede uit die forensiese verslag is N$50 miljoen in die trustrekening van DHC inbetaal.

Lutibezi het Nghipunya tydens kruisondervraging ingelig dat slegs N$6 miljoen aan die Swapo-party betaal is en die regering na bewering die geld ontvang het as deel van sy doelwitte.

FORENSIESE VERSLAG

Uit die totaal is sowat N$975 000 aan Farm Goodhope betaal, waarin oud-visseryeminister mnr. Bernhardt Esau 'n aandeel gehad het; sowat N$500 000 aan mnr. James Hatuikulipi, voormalige besturende direkteur van Investec Namibia; ongeveer N$4 miljoen aan sy neef mnr. Tamson Hatuikulipi deur Erongo Clearing and Forwarding; 'n verdere N$11,7 miljoen aan Tamson; 'n bykomende N$8 miljoen aan James deur MH Property Project; N$2 miljoen aan mnr. Otniel Shuudifonya deur Ndjako Investment CC; N$14 miljoen aan James deur Phonhill Business Trust; N$11 miljoen aan mnr. Pius Mwatelulo deur Otuafika Logistics; N$2,3 miljoen aan die prokureur mnr. Maren de Klerk en N$6 miljoen aan die Swapo-party.

Lutibezi het vir Nghipunya gevra of hy daarvan bewus is dat die geld nie as deel van regeringsdoelwitte aan Swapo uitbetaal is nie, maar eerder aan die beskuldigdes.

“Sien jy hoe die fondse versprei is nadat DHC dit ontvang het? Uit jou bewyse was dit vir regeringsdoelwitte en vir die Swapo-party, maar van wat ons het, was betalings tot die voordeel van Swapo slegs N$6 miljoen,” het Lutibezi tydens ondervraging gesê.

Volgens Nghipunya was dit nie sy verantwoordelikheid om by die party op te volg nadat die geld oorbetaal is nie.

Nghipunya het verlede week Donderdag gesê James Hatuikulipi was die een wat hom opdrag gegee het om betalings aan DHC te maak vir ‘n viskwota van 22 000 metrieke ton wat aan die maatskappy toegeken is.

Dit tot die misnoeë van sy medebeskuldigde wat aandagtig gesit en luister het terwyl Nghipunya sy weergawe van gebeure vertel het.

Nghipunya het nie geskroom om te onthul James Hatuikulipi was dikwels die een wat instruksies gegee het – meestal mondelings – oor waar die opbrengste van derdepartykwotas vir regeringsdoelwitte betaal moes word nie.

HEEN EN WEER

Op die eerste dag van sy getuienis het Nghipunya aan die hof gesê instruksies oor die gebruik van die “regeringsdoelwitte”-kwota het gekom van Esau, of senior amptenare in dié ministerie.

Hy het verlede Dinsdag gesê die opdrag vir die kwota van 18 000 metrieke ton vir die Swapo-party – ter waarde van N$44 miljoen – het direk van Esau af gekom.

Nghipunya het Donderdag tot die verbasing van James Hatuikulipi, van deuntjie verander en gesê senior personeel van die ministerie van visserye of Hatuikulipi sou instruksies gee oor wie die begunstigdes moet wees.

Die staat se regspan wou ook weet wie die derdepartybegunstigdes van die kwotabetalings vir staatsdoelwitte was.

“Daar is ‘n administratiewe vorm waar die begunstigdes aangeteken is,” het hy gesê.

Die staat het verder beweer hy weet geld is elders aangewend en wanbestee, waarop Nghipunya gereageer het: “Dit is nie wanbestee nie, maar eerder direk aan derdepartybegunstigdes betaal.”

Hy het ook gesê groot bedrae is direk aan begunstigdes betaal om “belastingblootstelling” teenoor Fishcor te vermy.

G’N BLINDE GELOOF

Nghipunya het benadruk hy het slegs Hatuikulipi se instruksies as raadsvoorsitter, en dié van die ministerie gevolg.

Hy het bygevoeg hy sou nooit blindelings enige onwettige opdrag van Esau of Hatuikulipi volg nie.

“Ek het ’n keuse gehad. En om die waarheid te sê, dit het nooit gebeur dat hulle my sou vra om enigiets onwettig te doen nie.”

Nghipunya bly in aanhouding hangende sy borgtogverhoor wat hierdie week voortduur.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!