Swapo oor kongres gedagvaar
Die party se senior advokaat het gesê vier mense kan nie die hele volk gyselaar hou nie.
Jacqueline Louw - ’n Hofaansoek van vier lede van die Swapo-party om te verhoed dat 27 afgevaardigdes van hul streek die party se kongres bywoon, kon Maandag nie uit die blokke kom nie.
Die saak van Swapo-lede van die Omahekestreek wat mnre. Kejamuina Mungendje, Maleagi Ndisiro, Frans Murangi en Progarius Muriambihu insluit, is Maandag in die hoërhof in Windhoek deur regter Hosea Angula tot vandag uitgestel.
Dít omdat ’n groep van 76 individuele respondente, wat saam met die regerende party gedagvaar is, die regter meegedeel het hulle het die kennisgewing wat op NBC se Engelse en Otjiherero-dienste uitgesaai en in The Namibian en New Era gepubliseer is, nie betyds ontvang in die afgeleë areas waar hulle woon nie. Hulle kon dus nie daarop reageer nie, het hulle gesê.
Advokaat Tuhafeni Muhongo het Maandag die regter versoek om ’n bevel uit te reik waarmee die kongres uitgestel word tot die hofaansoek afgehandel is.
“Dit kan nie wees dat vier mense die hele volk gyselaar hou nie,” het senior advokaat Vas Soni gesê.
Hy het verder gesê die voorstel om die kongres te stop is nie vantevore gedurende die aansoek geopper nie en dit behoort nie ter tafel gelê te word nie.
Regter Angula het beveel die saak word tot vandag uitgestel sodat van die individuele respondente wat die saak wil opponeer, hul beëdigde verklarings gister by die hof kon indien.
Mungendje, Ndisiro, Murangi en Muriambihu dagvaar die regerende party, 76 individuele Swapo-lede, die party se raad van oues, die vroueraad en die jeugliga in ’n poging om verkose afgevaardigdes uit hul streek te verhoed om die kongres van 23 tot 26 November in Windhoek by te woon.
Die aansoekers vra in hul aansoek dat die Swapo-partyverkiesing in die Aminus-, Kalahari, Okorukambe-, Otjinene- en Omaheke-distrikte nietig verklaar word, aangesien die verkiesingsproses in hierdie streke volgens hulle nie vry, billik, deursigtig of geloofwaardig was nie.
Mungendje, ’n voormalige Swapo-streekskoördineerder in Omaheke, beweer in ’n eedsverklaring wat by die hof ingedien is, dat die proses waardeur die afgevaardigdes verkies is, onreëlmatig was.
Die aansoekers voer verder aan die party se politieke buro het hulle op 11 Oktober meegedeel hulle het die besware teen die verkiesings in ag geneem, maar hulle keur steeds die verkiesingsproses in die Omahekestreek goed. Die aansoekers voer egter aan so ’n resolusie is nooit aanvaar nie.
Regter Hosea Angula het die aansoekers se versoek vir ’n tussentydse bevel vroeër vandeesmaand afgewys om die 27 verkose Omaheke-afgevaardiges te verbied om die kongres by te woon.
Die aansoekers vra die hof ook om Swapo te beveel om hul regskostes te betaal, selfs indien hulle die saak verloor.
Advokaat Tuhafeni Muhongo en mnr. Kadhila Amoomo verteenwoordig die aansoekers terwyl Swapo deur senior advokaat Vas Soni, bygestaan deur advokaat Sackey Akweenda, verteenwoordig word. Advokaat Gerson Narib tree namens die tweede, derde, vyfde, 61ste, 68ste en 76ste respondente op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie