Swapo oorleef naweek se beraad
Die regerende party het te midde van baie spanning en die bloedige somerhitte talle veranderings aan sy grondwet goedgekeur.
Denver Kisting – Mense wat nie in Namibië gebore is nie, sal voortaan nie meer uitvoerende poste binne Swapo mag beklee nie.
Dit sluit Namibiërs wat in ballingskap gebore is uit.
Mense wat burgerskap deur naturalisasie verwerf, sal nie voortaan in die sentrale komitee of die politburo mag dien of een van die topposisies beklee nie.
Diegene wat tans sulke poste beklee, sal hul ampstermyn uitdien waarná die grondwetlike veranderinge op hulle van krag sal wees.
Kragtens die Namibiese grondwet verwerf ’n mens burgerskap deur middel van naturalisasie wanneer jy, onderhewig aan ander vereistes, vir minstens vyf jaar ononderbroke in die land woon.
’n Ander beduidende verandering aan Swapo se grondwet is dat daar op distrikvlak in die toekoms ’n voltydse amptenaar sal wees om na veral die administratiewe verpligtinge om te sien.
Die verwagting is dat dié rol die werklas sal verminder.
Republikein verneem op goeie gesag die meeste veranderinge aan Swapo se grondwet, wat die naweek op die tafel was, is goedgekeur.
Vanweë die vol program van sy gewone kongres laat verlede jaar het die regerende party dié buitengewone kongres belê om oor veranderinge aan sy grondwet te beraadslaag.
Te midde van menings dat die einste grondwet nie voorsiening maak vir ’n gewone kongres om ’n buitengewone kongres byeen te roep nie, het dr. Tobie Aupindi, ’n sentrale komitee-lid, gesê die gewone kongres mag énige besluit neem.
Dít omdat dit die hoogste gesagsliggaam van die party verteenwoordig, sê hy.
Me. Sophia Shaningwa, Swapo se sekretaris-generaal (SG), het laat Saterdag aan Republikein gesê die buitengewone kongres “was baie suksesvol”.
Sy sê hulle hou vandag ’n nuuskonferensie om lig op die afgelope verrigtinge te werp.
Die verdeeldheid binne die party, wat Swapo sedert verlede jaar se waterskeidingskongres teister, het ook vroeg Vrydag ter sprake gekom.
Mnr. Armas Amakwiyu, Oshikoto se distrikskoördineerder, het op vergunning van pres. Hage Geingob ’n spreekbeurt gekry, waartydens hy gevra het dat die verdeeldheid op die agenda geplaas word.
Tydens sy lang relaas het hy aangevoer sy hart is aan skerwe oor die tweespalt binne Swapo.
Hy het benadruk hy skaar hom nie by Swapo-lede, wat die party die afgelope week sonder sukses hof toe gesleep het om die buitengewone kongres te keer nie.
Amakwiyu is ná ’n ruk van die vloer af gevra om klaar te praat. Me. Katrina Hanse-Himarwa, Hardap se politieke swaargewig, het gesê: “Dit is nou genoeg.”
Amukwiyu het tydens verlede jaar se gewone kongres teen Shangingwa in die stryd om die SG-pos verloor.
Geingob het tydens dié verkiesing die vloer met mnre. Jerry Ekandjo en Nahas Angula vir die party se presidentspos gevee.
Volgens ’n kongresganger het Ekandjo en me. Pendukeni Ivula-Ithana, wat teen me. Netumbo Nandi-Ndaitwah in die adjunkpresidentsverkiesing verloor het, aktief aan die naweek se samesprekings deelgeneem.
Geingob het hulle ook na wat verneem word vir hul teenwoordigheid en betrokkenheid bedank.
Hy het hulle vroeër as kabinetsministers in die pad gesteek, hoewel hulle nog in die Nasionale Vergadering (NV) dien.
Swapo ‘nie bankkrot’
Shaningwa het intussen Vrydagoggend voor die afskop van die kongres ontken dat Swapo finansieel noustrop trek.
Volgens haar spruit dié beweringe daaruit dat die buitengewone kongres op die ou Ramatex-perseel plaasgevind het en nie by Safari Hotel, waar verlede jaar se gewone kongres gehou is nie.
Sy sê dié hotel was vol bespreek en daarom moes hulle ’n ander plan prakseer.
Afgevaardiges het wel steen en been oor die versengende hitte in die Ramatex-gebou gekla.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie