Swapo se Nicanor trap klei
Die regerende party is glo nie verheug oor die verkiesingstribunaal se uitslag nie.
Denver Kisting – Die regerende party, Swapo, het gister by monde van sy woordvoerder, me. Hilma Nicanor, ontken hulle hou partytjie oor die verkiesingstribunaal se uitspraak.
Nicanor het die media toegespreek enkele ure nadat dié liggaam ten gunste van die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) vir môre se verkiesings beslis het.
Volgens haar het Swapo niks te doen gehad met die tribunaal se uitspraak nie.
Hulle is egter glo ’n party wat hulle by die oppergesag van die reg hou, het sy gesê.
“Ek weet nie wat jy met vier bedoel nie. Wat ons het, is ’n hofbeslissing,” het sy gesê.
Ongeag waarmee die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) vorendag kom om verkiesings te behartig, “ons is gereed”, het Nicanor gesê.
Sy kon nie sê hoekom die regerende party nie in 2017 EVM’s tydens sy kongres wou gebruik nie.
“Swapo het sy eie programme. Dit beteken nie ons het geen vertroue daarin gehad nie. Vir my is dit ontoepaslik om oor iets van 2017 te vra. Vat dit uit die perd se bek – ons is reg vir EVM’s.”
Dít ondanks die feit dat EVM’s dieselfde jaar in Swapo se besit verdwyn het toe hulle glo dié toestelle vir die verkiesing van hul raad van oudstes wou gebruik.
Nicanor kon ook nie sê hoekom sy as veteraneraadgewer aangestel is weke ná sy uit haar pos as adjunkminister moes bedank sodat sy in aanmerking mag kom vir ’n plek in volgende jaar se Nasionale Vergadering (NV) nie.
Sy het gesê pres. Hage Geingob, wat vir die aanstelling verantwoordelik was, moet daarop antwoord.
Oor korrupsie
Nicanor het gister onder luide toejuiging van onder meer me. Margaret Mensah-Williams die staatshoof se standpunt oor korrupsie herhaal.
Mensah-Williams, oudvoorsitter van die Nasionale Raad (NR), was een van die mense wat onlangs moes bedank in die hoop om ’n plek in die NV te kry.
Geingob het Saterdag by die regerende party se laaste saamtrek gesê hulle duld geen korrupsie nie.
Op ’n vraag oor mnre. Bernhard Esau en Sacky Shanghala, wat ook op Swapo se NV-lys is, het Nicanor gesê die korrupsiebewerings teen dié tweetal het eers rugbaar geword nadat hul lys reeds by die ECN ingedien en goedgekeur is.
“Swapo sal korrupsie nooit duld nie.”
Sy het geweier om te sê hoekom mense se name op hul NV-lys is, wat vantevore aan korrupsie skuldig bevind is, soos die oud- onderwysminister me. Katrina Hanse-Himarwa en een van Swapo se sentrale komitee-lede, dr. Tobi Aupindi.
Nicanor het opnuut benadruk Geingob is Swapo se enigste presidensiële kandidaat.
Sy wou nie verder oor dr. Panduleni Itula, die onafhanklike presidensiële kandidaat, uitwei wat verseg om uit die regerende party te bedank nie.
Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het gistermiddag gesê dit is onwaar dat Geingob die naweek vir Itula amptelik uit die party geskop het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie