Swapo vat Otjiwarongo, PDM wen Opuwo
Swapo se kandidaat, Marlene Mbakera (44, foto), het Maandag die tussenverkiesing op Otjiwarongo gewen.
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se kiesbeampte vir tussenverkiesing, mnr. Jafet Karamata, het vroeg Dinsdagoggend by die Swaneveldersaal op dié dorp aangekondig dat sy gewen het.
Sy het 2 910 stemme op haar verenig, gevolg deur die onafhanklike kandidaat mnr. Erastus Mbumba (1 020 stemme) en die Landless People’s Movement (LPM) se kandidaat, mnr. Sebeteus Guiteb, met 752 stemme.
Altesaam 4 707 stemme is uitgebring, met 25 stembriewe wat bedorwe was. Die getal geregistreerde kiesers het 22 000 beloop.
Op Opuwo het die Popular Democratic Movement (PDM) se kandidaat, mnr. Uaurikua Kakuva, skoonskip gemaak in die tussenverkiesing.
Die kiesbeampte vir die tussenverkiesing op Opuwo, mnr. Mike Nganjone, sê 3 141 stemme is uitgebring. Die Nudo-kandidaat, mnr. Kapukatua Kuvare, was tweede met 640 stemme en Swapo se mnr. Steyn Katupa was derde met 435 stemme.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie