Swapo verkies politburo
Swapo verkies politburo

Swapo verkies politburo

Swapo het die naweek ‘n nuwe politburo verkies toe die sentrale komitee Saterdag vergader het.
NAMPA
Pres. Hage Geingob het Saterdag tydens die eerste sitting van die nuwe sentrale komitee wat voorverlede naweek tydens die kongres verkies is, sy ses kandidate vir die sentrale komitee bekend gemaak.

Geingob het die keer nie weer 'n reddingsboei gegooi na Swapo-lede wat hom en die sogenaamde Harambee-span teengestaan het nie. Mense soos me. Pendukeni Iivula-Ithana, mnre. Nahas Angula, Jerry Ekandjo en Helmut Angula wat sedert die eerste kongres ná onafhanklikwording gehou is nog altyd op die sentrale komitee gedien het, is die keer afwesig.

Die ses kandidate is die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein; die minister van arbeid en maatskaplike welsyn, mnr. Erkki Nghimtina; die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, en me. Christina //Hoebes, ‘n adjunkminister in die kantoor van die eerste minister.

Die ander twee aanstellings is die jong Jennery Matundu, die hoof- gemeenskapskakelbeampte vir die ministerie van geslagsgelykheid en maatskaplike welsyn op Opuwo in die Kunenestreek, en die afgetrede onderwyseres me. Coleen van Wyk, van die Rehoboth-Wes-kiesafdeling.

Schlettwein, Ya Ndakolo, Nghimtina, //Hoebes en Van Wyk is ook deur die sentrale komitee tot die party se politburo verkies.

Sowel die lede van sentrale komitee as die politburo sal vir die volgende vyf jaar in hul ampte dien.

Met die aankondiging van die name en hul in inhuldiging by die parlementsgebou in Windhoek, het die regsgeleerde mnr. Sisa Namandje gesê altesaam 711 stemme is in die verkiesing uitgebring.

Die volle sentrale komitee, bestaande uit 84 lede, insluitende die 56 wat by die kongres verkies is; 14 streeksgoewerneurs; verteenwoordigers van die vier Swapo-vleuels, en die ses lede wat deur die president aangestel is, het aan die verkiesing van lede van die politkomitee deelgeneem.

By die geleentheid is ook aangekondig dat twee bykomende lede deur die president op die politburo aangestel sal word. Hulle name sal in die volgende weke bekend gemaak word. - Nampa/Eie berig

Kassie 1:

Mans:

Nangolo Mbumba

Albert Kawana

John Mutorwa

Pohamba Shifeta

Peter Katjavivi

Alpheus !Naruseb

Calle Schlettwein

Tobie Aupindi

Bernard Esau

Veiko Nekundi

Utoni Nujoma

Penda ya Ndakolo

Erkki Nghimtina

Peya Mushelenga

Erastus Uutoni

Sacky Shanghala

Charles Namoloh

Tjekero Tweya

Uahekua Herunga

Asser Kapere

Clemens Kashuupulwa

Elia Kaiyamo

Leon Jooste

Festus Ueitele

Erginus Endjala

Mukwaita Shanyengana

Tommy Nambahu

Petrus Nevonga

Usko Nghaamwa

Modestus Amutse

Royal JK /Ui/o/oo

Kassie 2

Vroue:

Saara Kuugongelwa-Amadhila

Laura McLeod-Katjirua

Doreen Sioka

Katrina Hanse-Himarwa

Maggie Mensah-Williams

Hilma Nicanor

Lucia Ipumbu

Sirka Ausiku

Kornelia Shilunga

Christina //Hoebes

Eunice Iipinge

Maria Bernadette Jagger

Eveline Nowases-Taeyele

Loide Kasingo

Anna Shiweda

Lempy Lukas

Ida Hoffman

Coleen van Wyk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!