Swapo wen naelskraap op Ondangwa
Swapo wen naelskraap op Ondangwa

Swapo wen naelskraap op Ondangwa

’n Hoogleraar in politieke wetenskap sê ’n onafhanklike kandidaat het die geskiedenis herskryf.
Denver Kisting
Denver Kisting – Net 3 792 van die geregistreerde 15 800 kiesers het Saterdag in die tussenverkiesing op Ondangwa gestem.

Dit verteenwoordig ’n skrale 24%-deelname.

Die naweek se tussenverkiesing in die Ondangwa- stedelike kiesafdeling is genoodsaak nadat pres. Hage Geingob vroeër vanjaar die voormalige raadslid, mnr. Irimari Kaulifewangali Elia, as die goewerneur van die Oshanastreek aangestel het.

Mnr. Leonard Negonga, Swapo se kandidaat, het as die wenner uit die stryd getree. Hy het 1936 van die stemme op hom verenig.

Die onafhanklike kandidaat, me. Angeline Immanuel, was ’n kortkop agter hom met 1 402 stemme.

Mnr. Job Amupanda, die grondaktivis en politiekewetenskapdosent, sê Immanuel het sonder beduidende hulpbronne vir Swapo en die opposisiepartye laat les opsê. “’n Generasie het wakker geword en sal nooit weer insluimer nie. Wanneer die moderne geskiedenis van Namibië neergeskryf word, sal Angelina se naam in goud geskryf word. Angelina se naam word nou gevrees onder ongelowiges,” skryf die vuurvreter in die sosiale media.

Die Popular Democratic Movement (PDM) se mnr. Martin Johannes het 326 stemme gekry terwyl mnr. Asser Vincent van die All People’s Party (APP) 97 stemme op hom verenig het.

Mnr. Mandume Andreas van die Congress of Democrats (COD) kon net 31 van die elektroniese stemme op hom verenig.

Mnr. Theo Mujoro, die uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), het gister by navraag aan Republikein die stemproses geloof. “Dit het volgens ons prosesse regtig goed verloop. Ons is baie gelukkig.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!