Swapo wen tussenverkiesing op Katima Mulilo
Swapo wen tussenverkiesing op Katima Mulilo

Swapo wen tussenverkiesing op Katima Mulilo

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Swapo se kandidaat, mnr. Kennedy Simasiku, het die tussenverkiesing in die Katima Mulilo stedelike kiesafdeling gewen nadat geregistreerde kiesers Woensdag gestem het.
Dié aankondiging is Donderdagoggend deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se hoofverkiesingsbeampte, mnr. Theo Mujoro, gemaak.
Simasiku het 1 557 van die 3 002 stemme wat uitgebring is, op hom verenig.
Die onafhanklike kandidaat mnr. Gibson Kabuna Nkando het met 417 stemme die tweede meeste van die stemme ingepalm, gevolg deur me. Lynnette Malipa van die Independent Patriots for Change (IPC) met 296 stemme, mnr. Mweti Matengu van die Popular Democratic Movement (PDM) met 294 stemme, mnr. Chripher Simasiku van die National Democratic Party (NDP) met 282 stemme en die onafhanklike kandidaat mnr. Poniso Miller Kubwina met 156 stemme.
Mujoro sê in ‘n verklaring die verkiesing het kalm en vreedsaam verloop en geen voorvalle is aangemeld nie.
Swapo se raadslid in dié kiesafdeling, mnr. John Mukaya, het in Mei vanjaar gesterf en 'n tussenverkiesing is in pas met die Verkiesingswet van 2014 binne 90 dae gehou.


Foto: ECN

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!