u2018Swart boksu2019 van Lion Air-vliegtuig gevind
u2018Swart boksu2019 van Lion Air-vliegtuig gevind

‘Swart boks’ van Lion Air-vliegtuig gevind

Indonesiese duikers het ’n swart boks opgespoor van die Lion Air-vliegtuig wat vandeesweek met 189 mense aan boord in die see gestort het, het een van die duikers Donderdag aan die media gesê.

Die swart boks kan moontlik leidrade gee oor die oorsaak en hoekom die bykans nuwe vliegtuig enkele minute nadat dit opgestyg het, neergestort het.

Die vliegtuig se swart bokse kan help verklaar waarom dit in die see, wat sowat 35 meter diep is, geval het.

Grondpersoneel het Maandagoggend vroeg binne 13 minute kontak verloor met vlug JT610 nadat die Boeing 737 MAX 8 van die Djakarta-lughawe opgestyg het. Dit was op pad na Pangkal Pinang, ’n tinmyn-dorp.

Daar was geen oorlewendes nie.

“Ons het gesoek en die swart boks tussen wrakstukke in die modder op die seebodem gevind,” het ’n duiker, bekend as Hendra, aan Metro TV gesê.

Dit was oranje en ongeskonde, het hy gesê, maar nie aangedui of dit die vlugdataopnemer of die kajuit-stemopnemer was, wat gewoonlik as swart bokse bekend staan nie.

Net “klein stukke” van die vliegtuig is gevind, het die duiker gesê.

Yusuf Latif, ’n woordvoerder van Indonesië se soek-en-reddingsagentskap, het bevestig dat ’n “oranje voorwerp” opgespoor is.

Die vliegtuig se swart bokse kan help verklaar waarom dit in die see, wat sowat 35 meter diep is, geval het.

ONDERWATER-HOMMELTUIG

Die pieng-geluid wat vermoedelik deur een van die swart bokse uitgestuur is, het duideliker geword, het Haryo Satmiko, adjunkhoof van die nasionale veiligheidspaneel, aan Reuters gesê.

’n Onderwater-hommeltuig het ’n voorwerp opgespoor wat vermoedelik deel was van die romp van die vliegtuig, het hy bygevoeg.

’n Span duikers het sedert 05:00 na die gebied gesoek waar die swart boks moontlik is, het Haryo gesê.

Sterk strome het Dinsdag die soektog belemmer, met energiepypleidings in die omgewing wat dit nog ingewikkelder gemaak het.

Amptenare het egter gesê hulle glo hulle soek in die regte area, omdat hulle items soos reddingsbaadjies, broeke en tydskrifte, wat waarskynlik van die vliegtuig afkom, opgespoor het.

Indien die romp van die vliegtuig gevind word, sal dit met ’n hyskraan uit die water gelig word, omdat lyke waarskynlik binnekant vasgevang is, het Muhammad Syaugi, die hoof van Indonesië se soek-en-reddingsagentskap, gesê. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer