• Tuisblad
  • Sport
  • Swart, Holtrup wen Namib Tiger Trail se 80 km trap

Swart, Holtrup wen Namib Tiger Trail se 80 km trap

Bergfietsry, padwedlope
Adolf Kaure
Adolf Kaure - Die Bank Windhoek Namib Desert Trail, 'n jaarlikse multibyeenkoms, is by die Tiger Reef in Swakopmund afgehandel.

Bergfietsryers kon vir die afstande oor 80 km, 45 km of 25 km inskryf, terwyl drawwers die padwedlope se roetes oor 21 km, 10 km of 5 km kon aandurf. Elke afstand het kategorieë vir mans en vroue aangebied.

In die 80 km bergfietsresies het Nicolaas Swart as wenner uit die stryd getree ná 'n uitdagende twee ure 37 minute 50 sekondes. Ingram Cuff (2:38:25) was nie ver agter hom nie, met Jürgen Sander derde (2:49:18).

Die vrouewenner van die bergfietsresies oor 80 km was Nina Holtrup van Swakopmund, wat in drie ure 13 minute 14 sekondes klaargemaak het. Sy was drie minute voor Jeanne Heunis (tweede in 3:13:17), met Carmen Johannes derde in 3:16:45.

Volgens die organiseerder mnr. Alfons Kiesewetter dui die totale getal deelnemers (441) op die sukses van die byeenkoms.

“Hierdie kompetisie word elke jaar groter en beter, veral gemeet aan die getal jongelinge wat opgang maak. Die ouer atlete moet uithaal om by hulle te bly. Die gehaltevlak van fietsry in Namibië is mooi aan die optel,” het hy gesê.

Die voorste uitslae van die ander kategorieë:

Bergfietsry, 45 km mans: 1 Herman Krauze (1:38:01), 2 Kevin Lowe (1:49:50), 3 Greg Chase (1:49:53).

Bergfietsry, 45 km vroue: 1 Christiane Beulker (1:59:56), 2 Wanda Tattersall (2:11:07), 3 Beverly-Rae Henckert (2:11:33).

Bergfietsry, 25 km mans: 1 Nathan Chase (0:56:28), 2 Marco Thiel (0:56:32), 3 Justus Beulker (0:56:34.

Bergfietsry, 25 km vroue: 1 Petra Compion (1:05:26), 2 Annemarie Roets (1:07:43), 3 Susan Fick (1:10:11).

21 km padwedloop, mans: 1 Tomas Hilifa (1:15:20), 2 André Ross (1:28:42), 3 Ethan Snyders 1:30:56.

21 km padwedloop, vroue: 1 Risa Dreyer (1:31:22), 2 Julika Pahl (1:37:55), 3 Anja Schroeder (1:43:36).

10 km padwedloop, mans: 1 Vaino Ashuulu (0:31:26, 2 Kornelius Nghilyeendele (0:33:32), 3 Ananias Simon (0:33:37).

10 km padwedloop, vroue: 1 Rechia de Wet (0:40:59), 2 Simon Potgieter (0:41:08), 3 Monika Lasarus (0:41:15).

5 km padwedloop, mans: 1 Michael Paulus (0:20:00), 2 Steven Kaudinge (0:20:00), 3 Tomas Andreas (0:20:34).

5 km padwedloop, vroue: 1 Elisbe Swanepoel (0:28:22), 2 Anya Potgieter (0:29:14), 3 Tamryn Saunders (0:31:13).

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!