Swart luiperd 1ste keer in eeu in Afrika gesien
Die eerste bewyse van ’n swart luiperd in Afrika in bykans ’n eeu, is vandeesmaand in die Africa Journal of Ecology gepubliseer.
Volgens National Geographic was ’n swart luiperd laas in 1909 in Afrika gewaar. ’n Foto van dié luiperd, wat in Addis Abeba in Ethiopië geneem is, vorm deel van ’n versameling in die National Museum of Natural History in Washington DC.
Volgens Nick Pitfold, ’n bioloog van Kenia, is daar nege verskillende subspesies van die luiperd, Panthera pardus, waarvan net 11% melanisties is – ’n kondisie die teenoorgestelde van albinisme waar die liggaam ’n donker pigment oorproduseer. Swart luiperds kom veral in Suidoos-Asië voor omdat die tropiese woude daar die meeste skadu vir hulle bied.
Pitfold was gretig om bewyse van ’n swart luiperd op die Afrika-kontinent te kry. Hy het vroeg in 2018 in die Loisaba-bewaargebied in Kenia kameras opgestel en uiteindelik onbetwisbare bewyse van ’n swart luiperd gevind.
Pitfold het tong-in-die-kies bygevoeg dat die fiktiewe land van Wakanda, die tuiste van die rolprent-karakter Black Panther, ook in Oos-Afrika geleë is, en sommer naby aan Kenia. “Dit is ’n unieke toeval,” het hy gesê.
Burrard Lucas, die fotograaf, het aan die BBC gesê dat hy ná ’n paar dae in die bos gedink het dat hy gelukkig sou wees om ’n gewone luiperd op kamera vas te vang. “Gewoonlik met dié tipe kameras met die flits kan jy die dier baie duidelik sien. In dié geval kon ek net die oë sien wat uitstaan.”
Lucas se foto’s van die luiperdwyfie is nou deel van die bewyse van die swart luiperd in Afrika wat in die African Journal of Ecology gepubliseer is.
- Netwerk24/The Sun

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie