Swart Vrydag was ‘XXL’
Met vele winskopies wat op Swart Vrydag aangebied is, het verbruikers nie op hulle laat wag nie.
Nellie Brand-Jonker - Dit was vanjaar ’n XXL-grootte Swart Vrydag vir baie kleinhandelaars en die aanduidings is dat hul verkope minstens verdubbel het.
Veral die aanlyn kleinhandelaars is bereid om openlik te wees oor hul verkope. Die groei in hul verkope is nog baie vinnig omdat dit nog so ’n klein persentasie van totale verkope behels vergeleke met dié van die tradisionele kleinhandelaars.
Suid-Afrika se grootste aanlyn kleinhandelaar, Takealot.com, sê ’n rekord van 2,2 miljoen besoeke is op Swart Vrydag aan sy webwerf gebring ondanks die tegniese probleme wat sy dienste met tussenposes verlam het.
Op Saterdag en Sondag, terwyl sy Blue Dot-uitverkoping voortgeduur het, het sy inkomste verdubbel vergeleke met verlede jaar. Die verkeer op sy webwerf én bestellings het met 70% gestyg.
Kim Reid, uitvoerende hoof, sê weens die tegniese probleme was dit die moeilikste dag in die maatskappy se geskiedenis van ses jaar.
Hy het weer verskoning gevra vir die probleme wat hulle Vrydag ondervind het.
Ondanks die probleme het Takealot ’n paar rekords laat spat met meer as 52 000 bestellings wat op die dag geplaas is.
Gewild op Takealot
•Aanvanklik was Samsung-TV’s die beste verkoper, met 195 wat in die eerste uur bestel is.
•Gewilde produkte oor die res van die naweek was selfone, soos die Huawei P10 Lite en die splinternuwe Apple iPhone X, asook speletjies soos die PS4 en Xbox One S.
•Ander gewilde produkte was kameras en draagbare tegnologie soos Fujifilm Instax en TomTom- en Garmin-fiksheidsvolgers, sowel as DStv-dekodeerders.
•Die gewildste parfuum was DKNY se Be Delicious Fresh Blossom, waarvan 1 400 bottels verkoop is.
•Barbie, Lego, Jeronimo en Nerf was die beste speelgoedverkopers op die dag.
•Die omstrede boek The President’s Keepers van Jacques Pauw was onder die tien topprodukte wat oor die naweek heen bestel is.
Die klerewinkelgroep Superbalist, wat ook aanlyn verkoop en in Takealot se stal is, sê dit was sy grootste dag tot nog toe in terme van verkope. Sy verkope het verdubbel teenoor verlede jaar.
Die verkeer na sy webwerf het ook ’n rekord bereik en was 143% hoër as verlede jaar, volgens Klyne Maharaj, hoof van handelsname van Superbalist.
Die klerewinkelgroep Spree, wat deel is van Media24, sê Swart Vrydag se verkope het die teikens oortref.
Vincent Hoogduijn, uitvoerende hoof van Media24 se e-handelafdeling, sê teen middagete het hulle reeds meer bestellings gehad as die hele vorige jaar op Swart Vrydag.
Spree se bestellings die dag was 42% meer as verlede jaar en die besoeke aan die webwerf was 52% meer.
Op die app is ’n “verstommende” verhoging van 110% in bestellings gesien en 95% in besoeke.
Oor die klein, swart rokkie wat in 2016 binne ’n rekordtyd van die rakke gevlieg het, het hy gesê die verkope vanjaar was soos verwag.
“Ons wou die geleentheid benut om die gebruik van die app te verhoog en meer as die helfte van die bestellings oor die vier dae het van selfone af gekom.”
Neil Schreuder, bemarkingsdirekteur van die Shoprite-groep, wat Checkers en Shoprite insluit, sê hulle maak geen geld op die produkte wat hulle op promosie sit op die dag nie, maar probeer om nie per winkel geld te verloor nie.
“Die belangrikste doel is om opwinding oor die Kerstyd te skep. Dis soos om die klok vir Kersfees te lui.
“Ons hoop dit help om die produkte wat ons vir Kersfees het soos speelgoed, versierings en nuwe, vars produkte ten toon te stel. Ons het in die verlede gesien dit bring voordele vir die hele Kerstyd.”
Ook vir hulle is dit die grootste verkopedag van die jaar. Sowat vyf jaar gelede was Oukersaand hul grootste verkopedag, sê hy.
Hulle het verwag om tussen 4,5 miljoen en 5 miljoen klante op die dag in hul winkels net in Suid-Afrika te hê.
“Soveel klante kry ’n mens nie sonder ’n insident en groot beplanning nie.” Hy sê hulle beplan ’n jaar lank aan dié dag.
Vanjaar het hulle ook Swart Vrydag in hul winkels in die res van Afrika aangebied.
“Om ’n idee te gee, verlede jaar het ons Doritos-skyfies op afslag gehad en het 11 maande se voorraad op een dag verkoop. Dit is net een item en vanjaar het ons Shoprite en die res van Afrika byvoeg. Jy kan dink hoeveel tyd dit neem om daardie volume vir die dag deur ons voorraadketting te kry.”
Pick n Pay het by navraag gesê hy is “tevrede met die opwinding wat vir sy klante in sy winkels geskep is”.
“Dit is hoekom ons besluit het om die aanbiedinge tot Saterdag te verleng terwyl daar nog voorraad oor was,” sê John Bradshaw, hoof van bemarking.
Bradshaw sê Swart Vrydag is drie jaar gelede begin en sy gewildheid neem elke jaar toe. Dit is die groep se grootste promosiedag van die jaar.
Volgens hom het klante goed gereageer op die aanbiedinge, waaronder die daaglikse noodsaaklikhede soos toiletpapier, waspoeier, babadoeke en koffie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie