Swart Vrydag: Wenke aan verbruikers
Maak seker jy is gereed vir alle aanbiedinge en moontlike winskopies.
Julienne van Rooyen
Swart Vrydag is volgende Vrydag en dit is nou die tyd om voor te berei om die beste winskopies te verseker.
Met dié lys kan jy jouself voorberei:
1. Begin vroeg: Begin so vroeg as moontlik met navorsing oor Swart Vrydag-aanbiedinge. Maak 'n lys van items wat jy graag wil koop, kyk in koerante en webtuistes en vergelyk pryse.
2. Jou begroting: Die heel belangrikste is om 'n begroting op te stel en daarby te hou. Dit sal jou weerhou om items te koop wat jy nie nodig het nie.
3. Maak 'n inkopieplan: Wanneer jy 'n lysie gemaak het van alles wat jy wil koop en weet waar om dit teen die beste prys te kry, kan jy 'n plan opstel. Onthou om die advertensies van jou verkose produkte saam te vat.
4. Gaan Swart Vrydag-regulasies na: Wees vertroud met die winkel se beleid om items terug te gee of om te ruil. Hou ook alle kwitansies.
5. Vermy die skare: As jy nie vir lang rye kans sien nie, doen jou inkopies aanlyn. Party aanlyn maatskappye mag dalk verniet aflewer of eksklusiewe aanlyn aanbiedinge adverteer.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie