Swart week ry land se paaie
Swart week ry land se paaie

Swart week ry land se paaie

'n Driekwart meer mense is verlede week in ongelukke dood vergeleke met dieselfde week verlede jaar.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die aantal sterftes op Namibiese paaie het verlede week met meer as 75% die hoogte ingeskiet.

Dít is in vergelyking met dieselfde week – 4 tot 10 Junie – verlede jaar.

'n Totaal van 14 mense het verlede week op die land se paaie omgekom vergeleke met die agt mense tydens die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.

Adj.komm. Amalia Gawanas, nasio­nale verkeershoof, het gister gesê: “Dit het tyd geword dat ons wakker skrik. Ons is besig om mekaar op ons paaie dood te maak.”

Volgens haar kan die wette­loosheid op die land se paaie nie verder geduld word nie. Terselfdertyd het Gawanas 'n beroep op motoriste gedoen om geduld aan die dag te lê.

“Dit help nie jy is só haastig dat dit jou eie en ander onskuldige mense se lewens kos nie. Wanneer jy agter 'n stuurwiel inskuif, het jy 'n baie groot verantwoordelikheid.”

Altesaam 36% van verlede week se sterftes is in Otjozondjupa aan­geteken, wat meebring dat dié streek die swaarste getref is, terwyl 29% van die sterftes in Hardap aangemeld is.

In die weeklikse verslag van die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) word aangedui 55 motorongelukke is verlede week landswyd aangemeld.

Die Khomasstreek is die swaarste getref met 24 ongelukke, terwyl sewe in Erongo en ses in Otjozondjupa aangemeld is.

Luidens die verslag het 18 voertuie omgeslaan terwyl 16 botsings aangeteken is.

Tien voetgangers was in van die ongelukke betrokke terwyl een fietsryer en een dier ook in van die ongelukke was.

Die oorsake van drie van verlede week se ongelukke word steeds ­ondersoek, lui die verslag.

Verlede week se swart tydperk op Namibië se paaie het gekom kort nadat dit bekend geword het die aantal sterftes, ongelukke en ­beserings het tydens die vorige week afgeneem vergeleke met verlede jaar.

Die afgelope week het ­ongelukke bly afneem – 15% minder – terwyl beserings met 33% gedaal het ondanks die 75%-toename in ­sterftes.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!