Swartbooi in die sop oor uitlatings

''n Adjunkminister moet nou skriftelik "jammer" sê vir uitlatings wat hy teenoor sy minister by ''n kultuurfees gemaak het.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Politieke binnegevegte is ou nuus, maar wanneer ''n adjunkminister verbaal slaags raak met sy eie minister, dan dans die poppe.

Namibian Sun, Republikein se susterskoerant, het Dinsdag berig dat die adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernardus Swartbooi, die naweek onder die minister, Utoni Nujoma, ingevaar het toe hy die Kai//Khau-feesgangers op Hoachanas toegespreek het.

Swartbooi het volgens Namibian Sun uitgevaar oor die wyse waarop die ministerie mense van elders in Namibië in die Suide hervestig, terwyl die plaaslike Nama-bevolking, wat hul grond vanweë die Duitse koloniale oorlog verloor het, glad nie uit die hervestigingsprogram voordeel trek nie.

Volgens die verslaggewer van Namibian Sun wat op Hoachanas was, het Swartbooi uit die vuis gepraat en nie van ''n voorbereide toespraak af nie.

Volgens wat berig is, sou Swartbooi gesê het: “Dit is onaanvaarbaar wat Utoni met hervestiging doen. Hy moet tot orde geroep word. Ek werk nie vir hom nie. Ek werk vir president Hage Geingob.”

Staatshuis het aan Republikein bevestig dat pres. Geingob hierop die minister van presidensiële sake, mnr. Frans Kapofi, Dinsdag opdrag gegee het om te eis dat Swartbooi binne 24 uur ''n openbare, geskrewe verskoning aan Nujoma bied.

Die opdrag is by wyse van ''n brief aan Swartbooi gerig.

Staatshuis het by navraag aan Republikein gesê die brief is vertroulik en die inhoud kan nie bekend gemaak word nie.

Nóg Swartbooi nóg Nujoma kon vir kommentaar bereik word.

Teen druktyd was dit ook nie bekend of Swartbooi verskoning aangebied het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!