Swartbooi, Seibeb bring NV wéér tot stilstand
Augetto Graig - Die Speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het vanmiddag opnuut die parlementsitting kortgeknip.
Dít na bekend gemaak is dat mnr. Bernadus Swartbooi van die LPM vir die tweede agtereenvolgende dag steeds nie die verslag ontvang het oor die beslising oor sy en medeparlementslid, mnr. Henny Seibeb, se wangedrag ná pres. Hage Geingob se staatsrede in April nie.
Die verslag is deur die staande komitee op voorregte saamgestel, waarvan die leier van die amptelike opposisie, PDM-president McHenry Venaani, die visevoorsitter is.
Venaani het die parlement ingelig dat hy nie die verslag afgeteken het nie en dat dit belangrike dele van die prosedures uitlaat. Katjavivi het die kwessies egter geskei, maar steeds die dag se parlementêre verrigtinge opgeskort totdat Swartbooi met ’n afskrif van die verslag voorsien kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie