Swartbooi, Seibeb op 20 Julie terug op die rooi tapyt
Die leiers van die Landless People’s Movement wat weens wangedrag tydens vanjaar se staatsrede onbepaald uit die Nasionale Vergadering (NV) geskors is, moet aanstaande Dinsdag opnuut voor die parlementêre komitee oor privilegies verskyn.
Die uitnodiging aan mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb dra Vrydag se datum, 9 Julie 2021.
Swartbooi en Seibeb betwis steeds hul skorsing in die hof.
Hulle het wel op 18 Mei getuienis aan die komitee voorgelê. Die komitee het die hoofswepe van Swapo en die Popular Democratic Movement (PDM), president Hage Geingob se sekuriteitshoof en die NV se adjunkdirekteur vir sekuriteit en risikobestuur as getuies na die sitting genooi. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie