Swede los nie wyn uit SA
Die staatsbeheerde drankwinkelgroep in Swede sal aanhou om met Suid-Afrika handel te dryf met spesifieke vereistes wat sorg dat volhoubare ontwikkeling en regverdige arbeidspraktyke toegepas word.
Systembolaget, drankwinkels van die Sweedse staat, het midde berigte dat Suid-Afrikaanse wyne van Deense winkelrakke verwyder word, dié versekering gegee:
“Handel in samehang met duidelike vereistes wat aan produsente gestel word, is die beste manier waarop ons kan bydra tot voordelige ontwikkeling in sulke lande,” het Ida Ingerö, adjunkhoof van kommunikasie van Systembolaget, in ’n verklaring gesê.
“Niks sal in Suid-Afrika verbeter indien Systembolaget ophou wyn aankoop en arbeiders hul werk kwyt is nie.”
Dit kom nadat die dokumentêre program Bitter Grapes – Slavery in the Vineyards deur die Deense ondersoekende joernalis Tom Heinemann verlede week in Denemarke en Swede vertoon is.
Daarin word die werkomstandighede op wynplase ondersoek en word wynboere daarvan beskuldig dat werkers minder as die minimum loon betaal word, hul basiese regte ontsê word en hulle onwettige afgedank en van plase verwyder word.
Dit het daartoe gelei dat die kettingwinkelgroep Dagrofa in Denemarke en Groenland sommige Suid-Afrikaanse wyne van sy rakke verwyder het.
Andrew Milne, uitvoerende hoof van Spier-landgoed, sê Denemarke is ’n belangrike uitvoermark vir sy wyne en hy glo gebruikers sal aanhou om hom te ondersteun.
Die landgoed bly verbind tot sy werkers, die gemeenskap en maatskaplike verantwoordelikhede, sê hy.
Pieter Carstens, wynmaker by Leeuwenkuil, sê die kelder het met Systembolaget ooreengekom om ’n onafhanklike oudit van die bewerings teen hom te doen en geen ernstige probleme is gevind nie.
“Die onverantwoordelike hantering van inligting verskaf vanuit onbevestigde bronne is baie gevaarlik,” sê hy.
“Dit veroorsaak opvatting wat mededingendheid in ’n baie mededingende internasionale mark bemoeilik.”
Dagrofa het Maandag bevestig dat nie alle Suid-Afrikaanse wyne verwyder is nie, slegs dié van Robertson Winery, terwyl ’n oudit deur ’n derde party gedoen word.
“Wanneer ons die uitslae kry, sal ons besluit of Robertson Winery in die toekoms deel van ons produkaanbod sal bly.”
Wines of South Africa (Wosa), wat plaaslike wynuitvoerders verteenwoordig, het ook aangedui dat hy nie bewus is van ander handelsname wat geraak is nie.
Systembolaget het Woensdag in ’n verklaring gesê die dokumentêre rolprent wat op die openbare kanaal SVT uitgesaai is, bevat verskeie foute.
“Suid-Afrika is ’n land met talle uitdagings en hoë vlakke van armoede. Arbeiders is kwesbaar en Systembolaget probeer hul toestand verbeter.”
Robertson Winery het in reaksie gesê arbeiders op intreevlak ontvang ’n pakket met koste aan die maatskappy van R4 426 per maand, wat bonusse en gratis mediese dienste uitsluit.
Die departement van arbeid het die minimum loon vir plaaswerkers wat nege uur per dag werk op R14,25 per uur of R2 778,83 per maand tot 28 Februarie 2017 vasgestel. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie