Sweet deur woestyn vir u00adAfrika-ruiters
Sweet deur woestyn vir u00adAfrika-ruiters

Sweet deur woestyn vir ­Afrika-ruiters

Perdesport
Die groot jaarlikse saamtrek van die perde-uithouritgemeenskap is tans in Walvisbaai vir die taaiste stryd tussen die fiksste perde in die uithouritsport in Namibië en die buurlande Suid-Afrika en Botswana oor die kompeterende afstand van 120 kilometer.

Die FNB Afrika-uithouritkampioenskap is een van die gerekende ritte in die sport en van die moeilikste ter wêreld, wat fyn tegniese beplanning asook fiksheid van ruiters verg.

Die roete deur terrein wat op sigself veelsydigheid vereis, is enig in sy soort en strek oor die hoogste duine in Suidelike Afrika, die oudste woestyn ter wêreld, die Namib, asook langs die kuslyn.

Die omvang van die afgelope paar jaar se uitbreidings en ontwikkeling van die hawedorp het groot eise gestel aan organiseerders om steeds die rit te kon behou en ook nie te veel aan die uitsonderlike roete te torring nie.

Sulke reëlings verg baie onderhandelinge en fyn beplanning en die Namibiese Uithouritvereniging (NERA) spreek opregte dank uit aan die Walvisbaai munisipaliteit, die Namibiese Paaie-owerheid, die ministerie van die omgewing en toerisme, Mola Mola Sandwich Tours, Nampol, die Walvisbaai verkeersafdeling, Walvis Bay Salt Holdings en Dune 7 Adventures vir hul samewerking en ondersteuning.

FNB Namibia is NERA se hoofborg van hierdie rit wat ruim bydra om te verseker dat hierdie rit jaarliks suksesvol aangebied word.

Die kompetisie is 'n internasionaal erkende rit op FEI-standaard met veeartse wat ook FEI-gekwalifiseerd is. Die paneel bestaan uit 12 veeartse van wie ses Namibiërs, vier Suid-Afrikaners, een van Portugal en een van Tunisië. 'n Groot groep bykomende beamptes sal toesien dat alles volgens die reëls en regulasies verloop en dat die veiligheid van die perde voorop gestel word.

Die volgende ruiters is gekies om Namibië in vier verskillende kategorieë te verteenwoordig:

Jongruiters: Bianca Jacobs (kaptein), Carmen Derks, Caila Potgieter, Benita Venter en Arianne Neumann. Spanbestuurder: Stuart Jacobs.

Geengewig: Franzi Marais (kaptein), Eltrin Makondo, Elvoni Kriel en Justus Afrikaner. Spanbestuurder: Rina Kriel.

Standaardgewig: Suné Wessels (kaptein), Reni van der Merwe, Engela Louwrens, Agies Mohale en Josef Namseb. Spanbestuurder: Jannie Wiese.

Swaargewig: Pierre de Wit (kaptein), Bart Steyl, George Wessels, Drian Dames en Raymond Schierschmidt. Spanbestuurder: George Wessels.

Ruiters en perde is reeds besig om hulself voor te berei vir die uithourit wat môre in en om Walvisbaai gaan plaasvind.

Die program het gisteroggend in erns met registrasies begin, voor die verwelkoming gisteraand in die Walvisbaai stadsaal.

Vanoggend elfuur kom al die veeartse, beamptes en ruiters bymekaar op die terrein om die ritbespreking te doen. Vanaf 12:00 sal die paneel van veeartse die ingeskrewe perde ondersoek om hulle fiks en gesond te verklaar om deel te neem.

Die perde sal môreoggend vanaf 05:30 wegspring. Afstande waaraan ruiters kan deelneem, is oor 40, 60, 80, 100 en 120 km. Vir die 120 km afstand is vanjaar ongeveer 105 deelnemers ingeskryf.

NERA wens graag alle deelnemers baie voorspoed toe en hoop dat almal versigtigheid en wysheid aan die dag sal lê om die sport se naam hoog te hou. Die prysuitdelingsfunksie is Donderdag om 18:00 in die stadsaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!