Sweet tap by Heja Lodge se Sky Ride

Bergfietsry
Andrew Poolman
Drikus Coetzee het nie van die wenpad afgedwaal nie, toe hy laas naweek die nuwe voor­loper onder die elite mans in die Hollard Gravel & Dirt bergfietsreeks geword het.

Saterdag se Sky Ride by Heja Lodge was die sewende van die agt byeenkomste in die reeks.

Vanweë die heuwelagtige roete is dit reeds bekend as waarskynlik die strafste eendaagse wedren op die plaas­like kalender. Voeg hierby dat dit nogal 'n warm dag vir die wintertyd was en die 70 km afstand was nog 'n entjie moeiliker.

Nogtans het deelnemers in goeie getalle ingeskryf vir die fietsry-afdelings, asook vir die veldwedloop vir diegene wat die 5 km of 10 km te voet wou takel.

Coetzee se oorwinning het hom op die puntelys voor die afwesige Xavier Papo geplaas. Tweede by die wenpaal verby was André de Klerk, 'n man wat eintlik as 'n Rhino kon inskryf wat meer as 90 kg weeg.

Die 70 km vroueresies is deur Michelle Vorster gewen wat op merkwaardige wyse algeheel derde oor die eindstreep gery het. Op die reeks se puntelys het sy haar derde posisie agter die voorlopers Irene Steyn en Michelle Döman verstewig met nog een byeenkoms wat oorbly.

Die Gravel & Dirt reeks se agtste en laaste wedren sal op 16 September die Gobabis MTB Challenge by Goba Lodge wees. Steyn se bykomende punte laas naweek verseker dat sy nie meer uit die eerste plek in die reeks gehaal kan word nie, terwyl Coetzee ook basies net in die toptien sal moet klaarmaak om bo twyfel as reekswenner verseker te word.

Laas naweek se uitslae by Heja Lodge:

ELITE MANS (70 km): 1 Drikus Coetzee (3:25:19). 2 Andreas Ewald (3:32:38). 3 Danzel de Koe (3:35:41). 4 Hofmeyr van Blerk (3:53:12). 5 FC Smith 3:58:36).

ELITE VROUE (70 km): 1 ­Michelle Vorster (3:28:57). 2 Irene Steyn (4:07:59). 3 Michelle Döman (4:20:23). 4 Lelani Swart (5:10:31).

SUBVETERAAN MANS (70 km): 1 Heino Windisch (3:29:05). 2 Ingram Cuff (3:29:29). 3 Willie van Zyl (3:33:05). 4 Tjipe Murangi (3:38:56). 5 Frederick van Greunen (3:40:36).

SUBVETERAAN VROUE (70 km): 1 Courtney Trossbach (5:08:38).

VETERAAN MANS (70 km): 1 Fanie Steenkamp (3:37:19). 2 Nick du Plessis (3:55:54). 3 Frank Bombosch (4:00:42). 4 Mannie Heymans (4:05:20). 5 Philip Steyn (4:07:58).

VETERAAN VROUE: 1 Johanita de Waal (4:20:29). 2 Chamberlain Wilmien (4:41:18).

MEESTERS MANS (70 km): 1 Eckhard Waldschmidt (4:10:49). 2 Hentie Hough (4:16:55). 3 Johann Liebenberg (4:20:31). 4 Aiden de Lange (4:26:27). 5 Kai Tegethoff (5:05:09).

GROOTMEESTERS MANS (70 km): 1 Hercules Viljoen (5:01:34).

MEESTERS VROUE (70 km): 1 Elke Jagau (4:58:08).

RHINO MANS (70 km, 90 kg-plus): 1 André de Klerk (3:28:06). 2 Braam Vermeulen (4:09:28). 3 Morne Honiball (4:30:38). 4 Stephen Chamberlain (4:36:35). 5 Mark Stehle (4:41:23).

JUNIOR MANS (35 km): 1 Justin Vosloo (1:44:52). 2 Dieter Koen (1:48:49). 3 Hugo Hahn (1:48:50). 4 Bergran Jensen (1:50:52). 5 Kevin Lowe (2:07:36).

JUNIOR VROUE (35 km): 1 Monique du Plessis (2:23:58).

MANS OPE (35 km): 1 Marcel Holtz (1:37:15). 2 Heiko Diehl (1:48:57). 3 Pierre van Rensburg (1:50:48). 4 Andrew Rowles (1:53:39). 5 Fana Lambert (1:54:12).

VROUE OPE (35 km): 1 Rosi Hennes (2:05:04). 2 Antje Tietz (2:15:15). 3 Gabriela Raith (2:22:07). 4 Marike Stranghoner (2:22:07). 5 Aletti Lowe (2:25:21).

VELDWEDLOOP MANS, 10 km: 1 Nesley Gaweseb (0:43:19). 2 Johan van der Westhuizen (0:46:15). 3 Nico Smit (0:51:56). 4 Johan Krugel (0:53:38). 5 Reuben Louw (0:54:52).

VELDWEDLOOP VROUE, 10 km: 1 Henriette Crouse (0:50:37). 2 Lydia Thiel (0:54:36). 3 Liezl Swanepoel (0:54:53). 4 Erika Brand (0:58:28). 5 Anja Potgieter (0:59:15).

Benewens Hollard as reeksborg was die Namibië Brouerye, Food Lovers Market, E-med, Squirt Lube en Zinmag bydraende borge vir die Sky Ride.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer