• Tuisblad
  • Sport
  • Swem se wêreldkampioenskap ook nie meer in 2022 gehou
Swem se wu00eareldkampioenskap ook nie meer in 2022 gehou
Swem se wu00eareldkampioenskap ook nie meer in 2022 gehou

Swem se wêreldkampioenskap ook nie meer in 2022 gehou

Swem
Swem se wêreldkampioenskap, wat veronderstel was om in Mei in Foekoeoka gehou te word, is tot 2023 uitgestel, het die Japanse stad gister bevestig.

Die internasionale swembeheerliggaam, Fina, se spogbyeenkoms was aanvanklik vir 2021 geskeduleer, maar is met ’n jaar uitgestel sodat dit nie met die Olimpiese Spele bots nie.

“Met die Omicron-variant wat wêreldwyd versprei het, was dit tot dusver onmoontlik om kompetisies te hou waar swemmers kon kwalifiseer om hul lande te verteenwoordig,” het Sotsjiro Takasjima, burgemeester van Foekoeoka, op ’n nuuskonferensie gesê.

“Gegewe dié situasie, het Fina besluit om die wêreldkampioenskap in Foekoeoka tot volgende jaar uit te stel.”

Takasjima sê Fina het nog nie op ’n nuwe datum besluit nie.

“Buitemuurse kompetisies soos oopwater-swem kan slegs in sekere tydgleuwe gehou word en daarom sal die wêreldkampioenskap rondom die Japanse somermaande gehou moet word.”

Luidens ’n berig op swimchannel.net sal die kompetisie nou na verwagting in Julie 2023 plaasvind.

Die laaste keer wat swem se wêreldkampioenskap gehou is, was in Suid-Korea in 2019.

Die nuwe datum sal waarskynlik beteken dat 2023 se wêreldkampioenskap wat geskeduleer is om in Doha, Katar, plaas te vind, na Januarie 2024 geskuif sal word.

Sou dié skuif bevestig word, sal dit die eerste keer wees dat die wêreldkampioenskap in dieselfde jaar as die Olimpiese Spele gehou word.

Die Parys-Spele is geskeduleer om daardie jaar van 26 Julie tot 11 Augustus plaas te vind.

Dié nuus volg kort ná ’n aankondiging dat Para-atletiek se wêreldbyeenkoms vir ’n tweede agtereenvolgende jaar uitgestel is.

Dit sou ook in Japan plaasgevind het, met die stad Kobe wat as gasheer sou optree van 26 Augustus tot 4 September.

Vir Suid-Afrika se topswemmers sal die Foekoeoka-besluit ’n teleurstelling wees, maar die goeie nuus is dat hulle steeds kan uitsien na die Statebondspele in Birmingham.

Hulle sal nou ook meer tyd hê om hul beste peil te bereik, want die skouspel in Engeland sal eers op 28 Julie begin.

– Netwerk24, Reuters, insidethegames.bizz

FOTO
Suid-Afrika se Tatjana Schoenmaker sou een van die trekpleisters by vanjaar se Wêreldkampioenskap gewees het. Dié byeenkoms is egter gister tot volgende jaar uitgestel. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!