Swemmers leer
’n GROOT dag het verlede week vir die jong swemmers van die Neumeister Schwimmschule aangebreek toe hulle hul onderskeie kentekens by die Marlinsswembad in Windhoek verwerf het. Heel eerste was die Seeperdjie- swemmers aan beurt. Altesame 20 swemmers tussen 5 en 7 jaar, het die 25m sonder pouse geswem.
Almal het hul doel bereik en is met sertifikate en medaljes beloon. Die tweede kategorie was vir die Dolfyn-kenteken, waar 18 swemmers tussen 5 en 8 jaar twee verskillende style van 25 m elk in minder as ’n minuut moes swem. Ook hier het die kleintjies baie goed gevaar en almal hul sertifikate en medaljes ontvang.
In die derde kategorie, die dubbele toekenning, het agt swemmers van 7 en 8 jaar, twee verskillende style van 50 m elk in minder as twee minute geswem. Ook hier het die kinders goeie tye geswem en hul kentekens en medaljes verwerf.
Die laaste kategorie was die “Deutsche Jugendpass”, wat onder die vereistes van die Duitse Lewensreddersvereniging se riglyne uitgevoer is en waaraan sewe swemmers deelgeneem het.
Die afrigter, Herta Becker, het al die kinders deeglik voorberei en die gala is as ’n groot sukses bestempel. Sy bedank graag die Marlins-swemklub en alle helpers vir hul bystand, waarsonder die gala nie so suksesvol sou gewees het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie