Swendelaar in laatnag OTM-transaksie betrap
'n Swendelaar het 'n vrou byna uit haar hardverdiende geld bedrieg, maar hy is op heter daad betrap.
'n Werknemer van Bank Windhoek, wat ook 'n polisiereservis is, was onlangs saam met die polisie op patrollie toe hy 'n man verdag sien optree het.
Mnr. Bonifacius Chaunelesethle, 'n kliëntediensbeampte, het die verdagte man op heter daad betrap.
“Die middeljarige man was op pad om geld by die bank se outomatiese tellermasjien via EasyWallet te onttrek. Dit was 01:00 en buite die voorgeskrewe hoktyd,” het hy gesê.
Chaunelesethle was onmiddellik agterdogtig en het die man gevra hoekom hy so haastig is om die geld te onttrek. Die man het gesê sy verhuurder soek nou die geld.
“Met die man se toestemming het ons sy selfoon gevat en gevra hy moet vir ons die naam van die persoon gee wat die geld gestuur het. Hy kon dit nie doen nie en ek het die polisiebeamptes gevra om hom aan te hou totdat ek die persoon kon opspoor.
“Ons het oor die jare agtergekom bedrieërs onttrek gewoonlik geld in die vroeë oggendure wanneer mense slaap.”
Die polisie het die man in hegtenis geneem omdat hy die hoktyd verontagsaam het. Om 08:00 het Chaunelesethle die kliënt geskakel.
“Sy het gesê die vorige dag het 'n man haar gebel en gesê hy is 'n werknemer van Bank Windhoek.”
Volgens haar was die man baie oortuigend en hy het haar bankbesonderhede en persoonlike identifikasienommer (PIN) gevra. Hy het haar toe gevra om haar foon af te skakel sodat dit opgedateer kan word.
“Bank Windhoek sal nooit 'n kliënt se bankbesonderhede vra nie en nog minder vir hul PIN. Moet nooit jou PIN uitgee nie. Bedrieërs kan dit gebruik om bedrog te pleeg en die kliënt sal eers bewus daarvan word wanneer dit te laat is.”
Volgens Chaunelesethle het die bedrieër hom vertel hulle kry kliënte se persoonlike inligting van sosialemediaplatforms soos Facebook en doodsberigte.
Mense word gemaan om nooit persoonlike inligting uit te gee wanneer iemand bel, SMS of enige boodskap stuur en voorgee hulle is van die bank nie. Ignoreer dit en bel onmiddellik die bank vir inligting.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie