Swendelaars sluip tussen ons rond
Tanja Bause
’n Oneerlike oom het onlangs my vriendin ingeloop. Ek weet julle eerste gedagte is as jy dom genoeg is om vir só iets te val dan moet jy maar die gevolge dra. Dit is wat ék heel eerste gedink het, maar dié oom is duidelik ’n uitgeslape kalant.
Die storie begin so. ’n Jong man plaas ’n advertensie in die sosiale media dat hy bokse makriel verkoop. Ons wou die naweek see toe gaan om haaie te vang, dus het ons besluit om van die makriel te koop, en reël dienooreenkomstig met die jong man.
’n Oom het my vriendin in Windhoek gebel en gesê daar is net twee bokse oor, en hy het aangebied om dié bokse by ons kampplek langs die kus af te laai, want hy ry glo daar verby. Sy moes egter eers die N$700 oorbetaal. Sy het toe die oorbetaling gedoen, want dit is immers ’n oom en ons het mos met die jong man gereël. Min het sy geweet die oom se hoofdoel was om haar in te loop.
Die oom tel ook nie meer sy foon op as hy sien dit is sy wat bel nie. ’n Ander vriendin bel die nommer en hy antwoord. Hy gee haar sy naam en sê hy is die jong seun se pa. Wat natuurlik ’n leuen is, aangesien die vrou die seun en pa ken. Hy gaan toe verder en sê sy seun het weer str**t aangevang en hy sal nou met hom raas sodat hy die geld kan terugbetaal. Sies oom, duidelik het jou pa nie met jou geraas nie.
Op die oom se WhatsApp-status staan “Here lei my.” Weer eens sies oom, nou gebruik oom nog die Here se naam om mense te verneuk. Jy gee ook jou kammaseun die skuld vir jou slegtigheid. Nee man, skaam jy jou nie en skaam jou seun nie homself vir jou nie?
Die gebeure is in die sosiale media geplaas om ander mense teen die oom te waarsku. Talle mense het na vore gekom en vertel dieselfde oom het hulle ook ingeloop.
Dit lyk my die oom is ’n ou skelm wat gedurig mense verneuk, belieg en bedrieg.
Oom het seker nog nie vir Karma ontmoet nie? Ek wil oom nou nie waarsku nie, maar as Karma die dag jou beetkry – en sy sal want dit is wat sy doen – wens ek jou alle sterkte toe.
Jy sien daar is mense in die land en wêreldwyd wat weens die Covid-19-pandemie hul werk verloor het of wie se salarisse gesny is. Sommige se salarisse is tydelik gesny en vir ander geld die vermindering steeds. Wat dit natuurlik moeilik maak, is wanneer een persoon in een huishouding sy werk verloor het en die ander een se salaris gesny is.
Volgens die kommentare in die sosiale media is jy al lank voor die pandemie met die skelmstreke besig, dus kan jy dit nie eens as ’n verskoning gebruik nie.
Baie mense wat hul inkomste verloor het, doen nou enigiets om kos op die tafel te sit. Ek weet van ’n vrou wat in mense se tuine werk. ’n Ander een wat ’n groentetuin begin het en nou nie net groente in die informele nedersetting verkoop nie, maar ook steggies van vetplant en ander saailinge, net om haar familie te onderhou sonder enige skelmstreke.
Ek dink aan al die mense daar buite wat ek gereeld sien wat uit die boks begin dink het om geld te verdien. Vir wie geen werk benede hulle is nie. Soos die een gesê het: “Werk is werk en ons kan nie nou kieskeurig wees nie.”
Ek sê nie daar is nie ander skelms onder ons nie, daar is talle en mens hoor kort-kort van die een of ander een wat weer sy kop uitgesteek het of word gewaarsku om op jou hoede te wees. Daar ìs baie skelms daar buite; dit is ‘n feit. Ek weet net nie hoeveel van hulle word kamma “deur die Here gelei” en hoeveel van hulle gee hul seuns die skuld nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie