Swiegers en Muller se visier op Epic-podium
Bergfietsry
Namibië se kanniedood Piet Swiegers en sy Suid-Afrikaanse spanmaat Corrie Muller sal Sondag as “Team Gondwana” by die wegspringstreep wees vir die eerste dag van die Absa Cape Epic bergfietstoer, wat sewe dae later ten einde loop.
Gondwana Collection Namibia is trots om die twee vasbyters se deelname aan die ikoniese bergfietstoer te borg.
Die 624 kilometer binne agt dae, met 16 650 meter se klimdele, vertel min van die ruwe bergpaadjies, stofpaaie en sand wat vir die spanne van twee ryers elk op pad na die eindstreep voorlê.
Swiegers het reeds een suksesvolle voltooiing van die Cape Epic in 2016 agter die blad, toe hy saam met Atle Hansen van Swede in die algehele 62ste plek en agtste in die meestersklas geëindig het.
Sondag sal Swiegers se 51ste verjaarsdag wees – en presies 'n jaar vandat hy in 'n bergfietsresies by Farm Windhoek op hoë spoed geval en teen 'n afdraand af geseil het, wat hom met 'n gebreekte sleutelbeen gelaat het.
Fietsry is 'n groot passie vir Swiegers, wat van Aus in die verre suide afkomstig is waar die Namibwoestyn en die granietberge begin saamsmelt.
Swiegers is die mede-eienaar van Klein-Aus Vista Lodge en ook Gondwana Collection Namibia se bemarkingsvennoot. Vandat hy die eerste keer deur sy suster en sy swaer omgepraat is om te begin fietsry, het Swiegers nog nie teruggekyk nie en het hom gevestig as 'n formidabele krag in bergfietsresiese oor die langer afstande.
So onlangs as verlede maand het Swiegers met 'n algehele sesde plek by die Nedbank nasionale marathon bergfietskampioenskap gewys dat hy kompeterend op dreef is.
Sy spanmaat Corrie Muller (54), glo soms bekend op die bynaam Roofdier, is 'n tandarts op Stellenbosch wat ook reeds sedert 1999 sy liefde vir fietsry uitleef. Die komende Cape Epic sal sy tiende deelname wees, waarin hy agt klaargemaak en reeds drie keer op die podium in sy ouderdomsklas geëindig het.
Volgens Swiegers het hy in September laas jaar met sy oefenprogram begin, wat omtrent elf tot 12 ure fietsry per week ingesluit het. In die 2018 Nedbank Desert Dash in Desember van Windhoek na Swakopmund was hy saam met Muller, Rob Sim en Nico Pfitzenmaier die algehele manswenners in die kategorie vir spanne van vier.
HOU DIÉ NAMIBIËRS DOP
Tristan de Lange is ook uit sy nate oor sy debuut in die Cape Epic.
Volgens hom is hy en sy Duitse spanmaat Vinzent Dorn se hooftaak om vir die Centurion Vaude-span se voorste twee jaers ondersteuning te bied. “Ek en my jarelange vriend Vincent is beide die afgelope maande goed op dreef en ons is baie opgewonde om die wêreld se voorste skofresies saam aan te pak.”
Die volgende spanne is ingeskryf wat een of beide Namibiese lede bevat (ouderdom en getal vorige Cape Epics voltooi tussen hakies):
Mans: Tristan de Lange (NAM, 21, 0 ) en Vinzent Dorn (Duitsland, 20, 0) – Centurion Vaude 2
Meesters: Riaan Boshoff (RSA, 49, 9) en Jaco Lamprecht (NAM, 44, 1) – Hollard Namibia.
Grootmeesters: Piet Swiegers (NAM, 50, 1) en Corrie Muller (RSA, 54, 8) – Gondwana Namibia.
Mans: Morne Nell (NAM, 43, 1) en Martin Cilliers (RSA, 31, 3) – Megatech Delispices.
Mans: Peter Le Riche (NAM, 37,0) en Derrick Langford (NAM, 36, 0) – Lighting Innovations.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie