Swáár ses maande vir Langer Heinrich
Groot uitdagings lê vanjaar vir Paladin Energy en sy Langer Heinrich-myn voor.
Jo-Maré Duddy - 'n Swak uraanprys en 'n reuse-waardedaling in onder meer sy voorraadstapel het die Langer Heinrich-uraanmyn met 'n netto verlies van meer as N$400 miljoen in die ses maande tot einde Desember 2016 opgesaal.
Paladin Energy Ltd, wat 75% in dié plaaslike myn besit, se jongste halfjaarresultate toon Langer Heinrich het 'n netto verlies van US$32,6 miljoen gely – 'n drastiese ommekeer van 'n netto wins van US$10,4 miljoen in dieselfde tydperk in 2015.
Uraanverkope het vir 'n inkomste van US$55,2 miljoen op Langer Heinrich se boeke gesorg. Dit is egter 45,5% minder as die US$101,3 miljoen van dieselfde halfjaar in 2015.
Volgens Paladin was Langer Heinrich se verkoopsvolume 15% laer as dié van die ooreenstemmende tyd in 2015, terwyl sy gerealiseerde verkoopsprys met 36% getuimel het.
Boonop het 'n waardedaling van US$22,3 miljard in Langer Heinrich se inventaris dié myn se finansiële sorge in die jongste halfjaar vergroot. Dit sluit onder meer 'n waardedaling van US$16,2 miljoen in Langer Heinrich se stapel ertsvoorraad in.
Die lae uraanprys het Paladin in November 2016 genoop om sy produksieplan vir Langer Heinrich te hersien. As sulks gaan die myn vir die volgende twee jaar tussen een miljoen pond en 1,5 miljoen pond minder uraanoksied elke jaar lewer.
Kontantbedryfskoste wat sodoende verlaag word, sal enige verlies in inkomste ver oortref, sê Paladin.
Dié inisiatief behoort bedryfskontantvloei vir die 2017- en 2018-boekjaar met sowat US$40 miljoen te verbeter.
Paladin, wat ook die Kayelekera-uraanmyn in Malawi besit, se gekonsolideerde netto verlies vir die laaste halfjaar van 2016 was US$56,5 miljoen vergeleke met 'n netto verlies van US$22,9 miljoen vir dieselfde tydperk in 2015.
Chinese kopseer
Teen die einde van verlede jaar was Paladin se netto lopende batetekort US$173,5 miljoen, 24% méér as teen die einde van Junie 2016.
Die groep se skuldverpligtinge tot die einde van 2017 – waarvan die eerste op 30 April betaalbaar is – beloop meer as US$240 miljoen. Om te verseker dat Paladin sy skuld kan vereffen en as 'n lopende bedryf voortbestaan, is 'n herstrukturering van sy balansstaat verlede maand voorgestel.
Die staatsbeheerde China National Nuclear Corporation (CNNC) kan dié herstruktureringsplan egter in die wiele ry.
Paladin onderhandel reeds sedert verlede jaar met CNNC oor die moontlike verkoop van 24% van sy aandeel in Langer Heinrich. Dié transaksie is nog nie beklink nie.
Sekere solvensie-scenarios kan CNNC egter in staat stel om Paladin se totale belang van 75% in Langer Heinrich te bekom, het die groep gister gesê. Pogings om CNNC sover te kry om te bevestig dat hy dit nie sal doen, het nog geen vrugte afgewerp nie, sê Paladin. Gesprekke in dié verband duur voort.
Vooruitsig
Paladin glo 'n ommekeer in die internasionale uraanbedryf is op hande.
Bloomberg stem saam. Verliese dwing uraanmyne om produksie te verlaag of selfs te staak, wat mettertyd tot druk op voorraad kan lei. Terselfdertyd kan die versnellende pas om nuwe reaktors in China en Indië te bou, die aanvraag opstoot, sê Bloomberg.
Volgens die Wêreldkernkragvereniging word daar tans meer as 60 reaktors wêreldwyd gebou.
Volgens Bloomberg beplan China om teen 2020 meer as 70% van sy krag met behulp van kernkrag op te wek, terwyl die Indiese regering hoop sy kapasiteit sal teen 2019 met 29% styg.
Daar word tans sewe reaktors in Rusland gebou terwyl nege reaktors teen die einde van die jaar in Japan in werking sal tree.
Verwagtinge van 'n beduidende herstel in die uraanprys maak beleggers opgewonde.
Paladin, wat op die algehele indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer is, se aandeelprys het sedert die begin van vanjaar reeds met 102,5% gestyg.
Paladin is ook op die aandelebeurse in Australië (ASX) en Toronto in Kanada (TSX) genoteer.
Die TradeTech-lokoprys vir uraanoksied gister was US$26,25 per pond, terwyl TradeTech se langtermynprys daarvoor US$35 per pond was. – Bykomende beriggewing: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie