Syfers lieg nie

‘Kreatiwiteit sonder sakevernuf help niks’
Karin Eloff
Michael Kayunde - Hy’s ’n bittereinder wat werk betref. Sy toewyding is indrukwekkend – ongeag waarmee hy besig is.

Die manier waarop die Namibiese kunstenaar Gazza te werk gaan, die kuns wat hy skep en die standaarde wat hy aan homself stel, het die musiekbedryf tot in sy fondamente geskud.

Tjil, Republikein se susterkoerant Namibian Sun se vermaakbylaag, het die geleentheid gehad om deur die musiekgenie Gazza geïnspireer te word, midde die sukses van sy 12de album.

Albums en CD-verkope is nie ’n kunstenaar se hoofbron van inkomste nie. Die wêreldwye neiging is om eerder op enkelsnitte staat te maak – en ’n sukses daarvan te maak.

Ondanks die uitdagings in die musiekbedryf het Gazza dit reggekry om gatskop-albums te lewer wat goed verkoop in ’n haglike musiek-ekonomie.

Sy formule is om die mark behoorlik te bestudeer en om dan die regte strategie te gebruik om sy musiek aan die massas beskikbaar te stel.

“Ek sê nie die verkoop van harde kopieë neem nié af nie, maar daar ís steeds ’n mark. Dit gaan daaroor om daai mark te identifiseer en maniere te vind om dit te dien.

“Ons het 10 000 kopieë gedruk, wat ons binne een naweek verkoop het, en ons moes 2 000 ekstra druk, so altesaam het ons 12 000 harde kopieë verkoop. Ek wil Namibiese Brouerye en die Windhoek Draft-handelsmerk bedank dat hulle my toegelaat het om hul netwerk te gebruik sodat my album ’n wyer mark kan bereik.”

‘Chelete’

Gazza se musiekvideo vir “Chelete” het onlangs die een miljoen-merk op YouTube gehaal – ’n groot mylpaal, nie net vir hom nie, maar vir die hele Namibiese musiekbedryf.

Hy’t aan Tjil vertel om ’n miljoen keer gekyk te word, bewys hy hét die ondersteuning wat hy nodig het om berge te versit.

Gazza beskryf sy aanhangers se ondersteuning as oorweldigend en dat dit hom subtiel onder druk plaas om sy eie standaarde voortdurend te oortref.

Hy sê hy kla nie, want dít is wat hom dryf om heeltyd beter te vaar.

“Ek het nie my video ’n miljoen keer gekyk nie, die mense het, en ek hoop dit gaan net groei en deure oopmaak vir ander musikante om dieselfde te doen en te sien wat hulle met hul talente kan vermag,” het hy oor sy miljoen kykslae op YouTube gesê.

Die GMP-baas het die jukebox- en radiotoneel liedjie vir liedjie stormgeloop, so dis duidelik hy ryg die treffers uit.



Met Misunderstood het hy dié vermoë net verder gevat.

Alleen in studio

Hy sê hy’t die meeste van die liedjies alleen in die studio opgeneem, wat hom die vryheid gebied het om eerlik met homself te wees – sonder die oordeel van die gevolg wat gewoonlik by is wanneer hy opneem.

“Mense kom met hul verwagtinge en verwag soms jy moet van die eerste reël af reeds vuur spoeg, maar dis nie hoe dit altyd gebeur wanneer jy musiek maak nie. Ek het myself toegelaat om foute te maak – selfs klanke wat in my kop nie mooi geklink het nie, het perfek geklink wanneer ek hulle op die beats gesit het.”

Met 12 albums op sy kerfstok verwys baie jong kunstenaars na Gazza as ’n soort bloudruk vir die musiekbedryf.

Wanneer Gazza op sy loopbaan terugkyk, dink hy aan mense soos Jackson Kaujeua, Ras Sheehama, Matongo Family en Jossy Joss as rolmodelle.

Dié kunstenaars het Gazza die selfvertroue gegee om te glo hy kan dit in die bedryf maak.

“Ek is deur hulle voorberei op dit wat ek nou as kunstenaar ervaar,” sê hy.

Hy benadruk Jackson Kaujeua en Ras Sheehama is die ware bkoudruk vir Namibië se musiekbedryf.

Raad aan jong musikante

Sy raad aan jong, opkomende kunstenaars is om te onthou goeie musiek gebeur nie altyd doelbewus nie, dikwels is dit heel toevallig.



Hy sê dis hoekom hy elke dag tyd in die studio deurbring, in die hoop dat daai groot treffer sal opduik, want mens weet nooit wanneer dit gebeur nie.

Gazza glo as passie en liefde jou dryfkrag is, sal jy aanhou grawe tot jy dit kry, en wanneer jy daarop afkom, sal jy steeds nie tevrede wees nie, en aanhou glo jy kan beter doen, want jy weet en glo jy kan beter doen.

Dít is wat hom aan die gang hou, sê hy.

“Ek glo ek gaan eendag ’n liedjie maak waarop die hele wêreld gaan wil saamsing. Eers dan sal ek ontspan en sê ek het dit gemaak, maar vir nou is ek nie eers seker of ek halfpad daar is nie,” sê Gazza oor sy ambisies.

Volhoubaarheid

Wat volhoubaarheid betref, sê hy hy is gelukkig genoeg om elke jaar ’n radioliedjie te hê waarvan die publiek hou.

Hy sê ook hoe langer hy in die bedryf is, hoe meer ontdek hy hoe oor sy eie musikale vermoëns.

“Soos ek ontwikkel, voldoen ek al minder aan die nuutste neigings in musiek en raak dit vir my belangriker hoe ék oor die musiek voel. Hoe meer ondersteuning ek kry, hoe meer vertroue het ek om volgens my vermoëns te presteer,” sê hy.

Gazza het al verskeie toekennings gewen en het ’n indrukwekkende katalogus van musiek, asook ’n album-etiket.

Sy ambisie is om dié etiket volhoubaar te maak.

Hy sê selfs al is sy handelsmerk tot dusver suksesvol, beteken dit nie noodwendig dit gaan volhoubaar wees nie.

Gazza streef daarna om strukture vir beide die sake en skeppende afdelings van sy etiket daar te stel om volhoubaarheid te verseker.

“Hulle noem dit nie verniet die musiekbesigheid nie, want as jy die besigheidaspek behoorlik regkry, maar die musiek word nie gelewer nie, help dit nie,” sê hy.

Gazza sê om beide dié aspekte te bestuur, is ’n reuseuitdaging.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!