Syfers wys droewige maand vir motorhandel
Syfers wys droewige maand vir motorhandel

Syfers wys droewige maand vir motorhandel

Hanlie Stadler – November was straks dié swakste maand van 2019 in die motorhandel.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) was verkope, gemeet in huidige randwaarde, in dié maand 4,5% minder as ’n jaar gelede.

Uit die ses kategorieë wat SSA meet, het slegs een – die inkomste uit werkwinkels – gestyg, naamlik met 3,5%.

Die grootste daling, van 7%, was in die verkope van brandstof, wat slegs deels toegeskryf kan word aan die effense daling in brandstofpryse in dié maand.

Só het verkope van jaar tot jaar verander in al ses kategorieë:

· Nuwe motors: -6,8%

· Gebruikte motors: -3,4%

· Brandstof: -7%

· Werkwinkels: 3,5%

· Motorbybehore: -1%

· Besteding by vulstasies se geriefswinkels: -1%

Die syfers rond die November-statistieke oor die handel af. Kleinhandel se verkope het in dié maand met 2,6% gegroei, terwyl groothandel s’n met 3,7% geval het.

Handel verteenwoordig nagenoeg 13% van die inkomstekant van die bruto binnelandse produk (BBP). – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!