Syngenta kry groen lig vir oorname
Vida Booysen
Die verkryging van die landboureus Syngenta deur die Chinese staatsbeheerde maatskappy ChemChina is nog 'n tree nader aan die werklikheid.
Die Amerikaanse mededingingsowerhede asook die Europese Kommissie het die transaksie goedgekeur, het Syngenta gister in twee afsonderlike mediaverklarings bekend gemaak.
“Dit verteenwoordig 'n belangrike stap om die transaksie te kan afhandel, wat na verwagting in die tweede helfte van 2017 sal gebeur,” lui die verklarings.
Die transaksie, ter waarde van US$43 miljard, het nou reeds goedkeuring van 16 lande se reguleerders gekry. Die jawoord moet nog verkry word van China, Europa, Indië en Meksiko.
Die Syngenta-transaksie is een van verskeie wat tans die internasionale mark vir landbouchemikalieë, saad en kunsmis omvorm. Die neiging na groter markkonsolidasie het egter vrese onder landbouprodusente laat ontstaan dat die ontwikkeling van nuwe onkruid- en plaagdoders dalk voortaan stadiger gaan geskied.
In sy verklaring benadruk Syngenta dat die voorgenome samesmelting met ChemChina deurlopende innovasie en verskeidenheid sal verseker.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie