T20-WB: Linde se weglating laat oë rek
Krieket
Tinus van Staden – ’n Paar groot vraagtekens hang oor die Protea-groep wat vir volgende maand se T20-Wêreldbeker-toernooi (T20-WB) in die Verenigde Arabiese Emirate en Oman gekies is.
Eerstens het die keurders besluit om nie drie van hul beste en mees ervare kitskrieketspelers, Faf du Plessis, Chris Morris en Imran Tahir, te kies nie. Dié drietal staan almal as “T20-huursoldate” bekend omdat hulle nie deur Krieket Suid-Afrika (KSA) gekontrakteer is nie, maar hul geld in glansligas wêreldwyd verdien.
Netwerk24 verneem Morris het homself wel vroeër onbeskikbaar gestel, maar dit is omdat hy min kommunikasie van die keurders gehad het sedert 2019 se WB-toernooi.
Nog twee groot skokke is die weglating van George Linde en Janneman Malan.
Veral Linde se weglating is onverklaarbaar. Bjorn Fortuin en Keshav Maharaj is bo hom as draaiers saam met Tabraiz Shamsi gekies. Dít ondanks die feit dat Linde in 11 van die Proteas se laaste 12 T20-wedstryde gespeel en boonop goeie vertonings gelewer het. Fortuin het in vier van die laaste 12 wedstryde gespeel en Maharaj het nog nie sy T20-buiging gemaak nie.
Malan kan ook ontevrede voel dat hy nie die groep gehaal het nie.
Victor Mpitsang, sameroeper van die keurkomitee, het probeer verduidelik dat hulle Linde as ’n veelsydige speler oorweeg het en toe liewer besluit het om vir Dwaine Pretorius en Wiaan Mulder te kies.
“George is een van die veelsydige spelers. Hy het goed gevaar met die bal, maar ons het op veelsydige spelers besluit wat naatballe boul,” sê Mpitsang.
“Jy vra of dit tussen hom en Fortuin is: As ons met ’n linksdraaier gaan, het ons besluit liewer Fortuin. Linde het vroeër meer gespeel omdat hy ’n veelsydige speler is.”
Die verduideliking hou egter nie steek nie.
Linde se internasionale T20-boulgemiddeld is 22.66 en hy staan 7.08 lopies per boulbeurt af. Fortuin se gemiddeld is 23.66 en hy staan 7.34 per boulbeurt af. Linde boul ook meer gereeld as Fortuin – en dan is hy boonop ’n beter kolwer.
Linde is minstens een van die drie reserwespelers.

Du Plessis het vroeër vanjaar uit toetskrieket getree, maar sy begeerte uitgespreek om steeds T20-krieket vir Suid-Afrika te speel. Die keurders het egter nie weer in sy rigting gekyk nie.
Sy spelpeil is tans skitterend – hy het Saterdag 120 onoorwonne lopies van 60 balle vir die St. Lucia Kings in die Karibiese Premierliga gemoker.
“Ons het die ‘vrye agente’ oorweeg, maar op die ou end het ons besluit op die ouens wat gereeld vir die span speel,” sê Mpitsang.
Graeme Smith, direkteur van krieket, sê hulle kon nie ’n “balans vind tussen wat vir die span én vir die vrye agente sou werk nie”. Hy verwys na die vrye agente se beskikbaarheid om wedstryde in die opbou tot die T20-WB te speel.
“Met Faf spesifiek het ons gesukkel om ’n balans te vind.”
Die Proteas kry van Vrydag af die kans om in alle erns vir die skouspel voor te berei, wanneer die reeks van drie T20-wedstryde teen Sri Lanka afskop.
• Groep vir die T20-WB: Temba Bavuma (k), Quinton de Kock, Reeza Hendricks, Heinrich Klaasen, Aiden Markram, David Miller, Rassie van der Dussen, Wiaan Mulder, Dwaine Pretorius, Bjorn Fortuin, Keshav Maharaj, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé, Kagiso Rabada en Tabraiz Shamsi. Reserwespelers: George Linde, Andile Phehlukwayo, Lizaad Williams.
– Netwerk24
FOTO’s
George Linde was dié seisoen een van die Proteas se uitblinkers in T20-krieket, maar kon nie die finale groep vir die T20-WB-toernooi haal nie. Foto Gallo Images
Faf du Plessis, wat die naweek ’n onoorwonne 100-tal vir die St. Lucia Kings geslaan het, is nie in die Proteas se T20-Wêreldbeker-groep nie. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie