T20-WB: Namibië kies David Wiese
Krieket
Krieket Namibië het sy 15 spelers aangekondig vir die land se naderende debuutverskyning by die T20 Wêreldbekertoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate.
Die opspraakwekkende insluiting is dié van David Wiese, die 36-jarige voormalige Proteas-speler wat vir Namibië kwalifiseer op grond van die feit dat sy pa hier gebore is.
Wiese het Suid-Afrika tussen 2013 en 2016 in T20- en eendagkrieket verteenwoordig, voordat hy ’n Kolpak-kontrak onderteken en sodoende sy internasionale loopbaan beëindig het. Hy het sedertdien die wêreld deurkruis en in T20-ligas in onder meer Pakistan, Bangladesj, Engeland en Wes-Indië gespeel. Wiese het Donderdag in die Karibbiese premierliga vir Faf du Plessis se St. Lucia Kings-franchise teen die Jamaica Tallawahs gespeel.
Vyf jaar ná sy laaste wedstryd vir die Proteas en vorige verskyning in die T20 Wêreldbeker het Wiese hom beskikbaar gestel om vir Namibië te speel – hoewel hy nog nie enige van die span se wedstryde sover betrokke was nie.
Vandat Namibië in 2019 vir die T20 Wêreldbeker gekwalifiseer het, het JP Kotzé en Zhivago Groenewald hul uittrede aangekondig, terwyl die weglating van Niko Davin en Christi Viljoen ook ’n aanduiding is van die groeiende diepte van jong en ervare spelers wat onder afrigterskap van Pierre de Bruyn gekweek is.
DIE AANGEWESE NAMIBIESE SPAN
Gerhard Merwe Erasmus (kaptein)
JJ Smit (onderkaptein)
Stephen Baard
Karl Birkenstock
Michau du Preez (paaltjiewagter)
Jan Frylinck
Zane Green (paaltjiewagter)
Nicol Loftie-Eaton
Bernard Scholtz
Ben Shikongo
Ruben Trumpelmann
Michael van Lingen
David Wiese
Craig Williams
Picky Ya France
Die amptelike (reisende) reserwespeler is Mauritius Ngupita.
• Die Eagles se openingswedstryd is op 18 Oktober teen Sri Lanka, gevolg deur kragmetings teen Nederland en Ierland op 20 en 22 Oktober. Net twee uit hierdie vier spanne sal tot die Supertwaalf-fase van die toernooi vorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie