TAAG hervat Donderdag vlugte tussen Windhoek, Luanda
Die Angolese lugredery, TAAG Angola Airlines, hervat môre (Donderdag) sy vlugte tussen Windhoek en die Angolese hoofstad, Luanda.
Die redery sal twee keer per week tussen die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en Luanda vlieg, Maandae en Donderdae. Dit bied die geleentheid vir Namibiërs is om via Angola na Portugese lande soos Brasilië en Portugal te reis.
Hoop is ook in die Namibiese reisbedryf uitgespreek dat die hervatting van hierdie direkte vlugte die prys van vliegtuigkaartjies na Angola sal stabiliseer.
Namibiërs en Angolese moet tans via Johannesburg reis as hulle in Luanda of Windhoek wil kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie