Taalkundige trifle.
Lloyd Zandberg - Ek het nou lank genoeg my mond gehou. Of soos húlle, juis die ouens wat my probleem is, sê: ’n Wag voor my mond gehou. Of “plaas” mens ’n wag voor jou mond? Ek weet nie. Ek is goed keelvol. Soos ’n ma wat ná die vyfde keer iets vra en dan geen reaksie kry nie. Of dieselfde gevoel as wanneer jy inkopies doen, 30 minute in ’n tou staan, en sodra jy by die betaalpunt kom, hoor die kaartmasjien werk nie.
Nou, ek is iewers tussen die ma en die till vasgekeer. En nou gaan ek my bebaarde lippe oopmaak. En ek doen dit nie vir reaksie nie. Almal maak of dit die grootste skande onder die maan is. En sekere individue sal sommer ’n ander een se kop daaroor afbyt. So, met dit gesê, ek is nie vreeslik getraak oor die impak van hierdie stuk nie. Dit is meer vir eie gebruik. Ek wil ontslae raak van hierdie walm wat alewig om my hang. Die walm van frustrasie. As jy ná hierdie stuk dink ek weet nie waarvan ek praat nie, is jy tien teen een reg, of jy vermoed dat ek die pot mis sit.
Ek doen heel moontlik, maar dit beteken nie jy moet vir my ’n brief skryf nie. Ek stel nie belang nie. Ek sê maar net. Hier gaan ons. En nou het ons die punt bereik waar ek die slaai gaan omkrap. Maar behoorlik ook. Ek is geleer as jy iets doen, dan doen jy dit deeglik. Jy trek vir jou ’n groot onderbroek aan, plaas jou gewig op jou heupe, lig die nekkie en sê jou sê.
Ek kan nié spel nié. Nou wat nou? En is glad nie skaam daaroor nie. Tronkstraf vir my? Beboet my, asseblief! Daar is groter probleme in die wêreld waaroor ons moet praat, skryf, konferensies en ander aande hou. Of iemand kan spel of nie, is vir sekere mense die verskil tussen slimkop of dommie, lewe of dood en ryk of arm. Regtig? Hoe bedoel Oom nou? Sê wie? Hoekom maak almal so ’n groot koek hiervan? Dit verander niks aan die persoon vir my nie.
Terwyl ek nou opgewarm is, deel ek graag die volgende met julle: Ek weet tot vandag toe nie op watter “e” in “reen” die deelteken kom nie. Is dit ooit ’n deelteken? Deulteken of deelteken? Ek weet nie. As dit reen, reen dit, met of sonder die “deel” of die “teken”. Teen hierdie tyd moet jy óf baie graag wil verder lees óf jou brief aan my se inleiding begin skryf. Vir die res van ons, dies wat nie kan spel nie, lees verder. Ek praat namens julle.
(Ek wil net hier noem dat ek nie ’n bitter mens is nie. Ek weet net waarvan ek hou. En as jy ’n probleem met my of my ander Kanniespellers het, is ek vreeslik jammer om te hoor. Die meerderheid van ons weet nie eers dat ons nie kan spel nie. Hoe sal ons weet?)
Nou dink julle seker, die ou werk dan vir die koerant, sy spelling is altyd korrek. Hy praat snert. Nee, ek praat die waarheid. Sien, by die koerant het ons mense wat sub-redakteurs genoem word. Hulle is die ouens wat ons skrywes in die agtergrond “polish”, sodat die koerant foutloos elke dag op die rakke kan lê. Alle lees- en skryftekens, taalreels (hier is nog een van die deelteken-menere waarmee ek sukkel) grammatika en ander onnodige taalkundige terme is hulle kos.
Hulle laat mense soos ek baie slimmer lyk as wat ons is. Slimmer? Nou waaroor gaan ek aan? As iemand dan my werk korrigeer, maak dit my belangrik, dom, slim, ryk, arm, lelik, maer, mooi of spesiaal? Ek weet nie, maar ons moet asseblief ophou om onsself aan onnodige “issues” te steer/steur (ek weet nie watter een dit is nie) en eerder luister na wat die persoon probeer sê.
Ons is so ingestel daarop om foute uit te wys en ander te laat sleg voel oor hul onvermoëns (hier is ook ’n kappie of iets nodig). Ek is seker Bill Gates gaan nie iemand afdank nadat hy “I’ve signed a deel” in plaas van “deal” geskryf het nie.
My huishulp het nou die dag vir my ’n SMS gestuur en taalkundig was dit soos ’n trifle. Deurmekaar en sonder enige struktuur.
“maneer, di wacingpoda is klar. Koep vir volginde wiek. Moi aant,” skryf sy.
En hoewel baie deskundiges dit as naar sou sien, het ek dit baie waardeer. Sonder dat sy dit weet, het sy die frustrasiewalms wat aan my klere klou, met die Omo, waarvoor sy gevra het, afgewas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie