Tabakplaas ‘gesondheidsramp’
Die beplande tabakplaas in die Noorde skend die kern van die Namibiese tabakbeheerwet, sê.
Henriette Lamprecht - Die regering se besluit om sowat 10 000 hektaar in die Zambezistreek vir die verbouing van tabak goed te keur, is teen die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se raamwerkkonvensie vir tabakbeheer waartoe Namibië wettig in 2006 ingestem het.
Verder is dit ’n gesondheids- en natuurlike ramp wat wag om te gebeur.
As hekwag vir gesondheid wat met kanker en verwante siektes verband hou, het die Kankervereniging van Namibië (CAN) sterk teen die beplande tabakplaas te velde getrek.
“Wie trek voordeel daaruit, wie baat dit? Daar is geen terme en voorwaardes vir hoe dit doeltreffend bestuur gaan word nie.”
Volgens CAN se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, is die beplande tabakboerdery ’n doodsvonnis vir die land se droom om sy volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) te behaal.
“Namibië het groot internasionale aansien gehad en is as ’n vuurtoring van hoop in Afrika gesien.”
Tabak is een van vier sleutelrisikofaktore (ook die skadelike gebruik van alkohol, ongesonde dieet en ’n gebrek aan oefening) vir nie-oordraagbare siektes (NCD’s).
Deel van die WHO se wêreld- aksieplan vir die voorkoming en beheer van NCD’s is die vermindering van veranderlike risikofaktore vir die siektes deur die skep van ’n bevorderlike omgewing vir gesondheid.
Volgens die WHO is sterftes en morbiditeit van NCD’s een van die grootste uitdagings vir ontwikkeling in die 21ste eeu.
Sowat 40 miljoen mense sterf jaarliks aan dié siektes, wat 15 miljoen mense tussen die ouderdomme van 30 en 69 jaar insluit.
Die organisasie sê die las styg buite verhouding in lae- en laer-middelinkomstelande, met die sterftes wat die armstes en kwesbaarstes buite verhouding raak.
Die meerderheid van voortydige NCD-sterftes is weens vier siektes naamlik hartsiektes, kanker, diabetes en chroniese respiratoriese siektes.
Hansen het verwys na die WHO se verslag oor “Best Buys” vir NCD’s en in veral tabakbeheer waartoe Namibië hom as lidland weer tydens die onlangse 27ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève, Switserland, verbind het.
Tydens die vergadering het Namibië die prioritisering van NCD’s ondersteun.
“Die nasionale kankerbeheerplan is ’n konsepdokument vir meer as vyf jaar. In die dokument word die bestuur van tabakbeheer en tabak duidelik gedefinieer en word daarteen gewaarsku,” het Hansen gesê.
Hy het verwys na Namibië wat in Mei tydens ’n hoëvlak ontmoeting in Switserland erken het verbeterings moet op primêre gesondheidsvlak gemaak word.
Verwysing is ook gemaak na die takel van die risiko van NCD’s deur middel van die WHO se Best Buys, wat die beheer van tabak insluit.
Deel van die WHO se voorstelle vir ingrypings vir tabakbeheer, wat Namibië onderskryf, sluit in ’n verhoging van aksynsbelasting en pryse op tabakprodukte, groot grafiese gesondheidswaarskuwings op alle tabakpakkies, ’n volledige verbod op tabakadvertensies, bemarking en borgskappe, die uitwissing van blootstelling aan tweedehandse tabakrook in alle binnenshuise werkplekke, in die openbaar en openbare vervoer, sowel as die implementering van massamedia-veldtogte wat die publiek inlig oor die skade van rook en tweedehandse rook.
Die goedkeuring van die tabakplaas skend volgens Hansen die kern van die Namibiese tabakbeheerwet, wat groot internasionale aansien op die front aan Namibië verleen het.
Tabakplantasies en –produksie het volgens hom ernstige negatiewe gevolge op werkers se gesondheid en maatskaplike welstand, asook ’n verwoestende uitwerking op die omgewing.
Hansen sê die ontbossing vir die groei van tabak hou ook ernstige omgewingsgevolge in, wat insluit die verlies aan biodiversiteit, waterbesoedeling en gronderosie.
Volgens Hansen kan die gebruik van grond in lae- en middelinkomstelande vir bestaansboerdery na tabak as ’n “kontant-oes” herlei word.
“As gevolg van uitgebreide tabakverbouing is daar korttermyn- ekonomiese voordele vir boere, maar daar is langtermyn- maatskaplike, ekonomiese, gesondheids- en omgewingskade op groot skaal.”
Hansen het gesê bogenoemde is sleutelelemente om die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te behaal wat Namibië onderneem het om te hou.
“Met sy besluit om tabakboerdery in die land toe te laat, het die regering eintlik ’n doodsvonnis vir hierdie droom geteken,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie