Tafel dek Griekwas
Rugby
Kimberley. – “Vandag is sekerlik een van die beste dae in die geskiedenis van die Griekwaland-Wes Rugby-unie,” het dié unie se president, mnr. Jannie Louw, Vrydagoggend by die aankondiging van Tafel Lager as die nuwe hoofborg van die GWRU gesê.
Die belegging van Namibië Brouerye is die grootste borgskap wat die trotse Griekwas-unie in sy geskiedenis van 130 jaar verkry het en voorspel beslis 'n nuwe era vir rugby in die streek.
“Dit was 'n lang en moeisame proses om die regte borg vir ons te vind. Wat van deurslaggewende belang was, is dat so 'n vennoot nie bloot 'n borg moes wees nie. Daar moet gedeelde belange wees met 'n sakevenoot wat internasionale ervaring het wat ons strategiese planne kan ondersteun,” het Louw gesê.
Hy het die noue bande tussen die mense van die Noord-Kaap en Namibië beklemtoon. Dit word onder meer weerspieël in die getal rugbyspelers wat reeds in beide unies se kleure uitgedraf het.
Die borgskap strek oor drie jaar (2017 tot 2019). Die span sal as die Tafel Lager Griekwas bekend staan terwyl die stadion nou Tafel Lager-park is. NBL het met sy Tafel Lager ook die eksklusiewe “skink-regte” in die stadion verkry.
Op sosiale media het Griekwas-ondersteuners sedert die aankondiging reeds gereageer dat hulle dit as goeie nuus verwelkom en dat hulle daarna uitsien om na Tafel Lager as hul gunstelingbier oor te skakel.
Louw het die besturende direkteur van die Namibië Brouerye, mnr. Wessie van der Westhuizen, en sy bestuur vir hul welwillendheid bedank, maar het vertroue uitgespreek dat dit 'n slim besigheidskuif was.
“Ek kan u verseker dat die opbrengs op hierdie belegging jul stoutste verwagtinge gaan oortref. Hierdie stelling kan gestaaf word deur Griekwas-rugby se vorige borge soos Nashua, Wildeklawer, GWK en Oranjerivier Wynkelders. Ek glo Tafel Lager sal binnekort Suid-Afrika se gunsteling bier word. Sonder twyfel sal die NBL se ander produkte soos Windhoek Lager ook by hierdie blootstelling baat.”
• Die NBL is natuurlik met nog een van sy handelsmerke die hoofborg van Namibië se Windhoek Draught Welwitschias in die Curriebekerreeks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie