Tafelmaniere oor die wêreld
Om ander lande se kos te eet is een van die vele aspekte van reis.
Jy beplan dalk om tydens jou reis by ’n tradisionele restaurant aan te klop. Onthou, verskillende volke het verskillende reëls wat tafelmaniere betref. Wees ingelig, anders kan jy per ongeluk iemand beledig. Hier volg enkele wenke oor tafel-etiket in enkele lande.
Portugal – Bom apetite
In Portugal moet jy, soos meestal die geval in Namibië, vir die kelner ’n fooitjie gee. ’n Gepaste fooi is sowat 10% van die rekening. Moet egter nie vir sout of peper vra as dit nie op die tafel geplaas is nie, want dit word as ’n belediging van die sjef se kookvaardighede beskou.
Frankryk – Bon appetit
Hou jou arms bo die tafel en laat rus jou polse op die tafel – nie op jou skoot nie.
Die Franse maak dikwels gebruik van die afgebreekte punt van ’n baguette (lang, dun Franse brood) om kos op die vurk te stoot.
Moet ook nie direk aan ’n broodrolletjie hap nie. Breek eers ’n stukkie af en eet dit dan. As jy nie besig is om die brood te eet nie, moet dit op die tafel geplaas word en nie op jou bord nie.
As jy saam met Franse eet, moet nie voorstel dat die rekening tussen julle verdeel word nie – dit word as uiters ongesofistikeerd beskou. Jy moet óf aanbied om die rekening ten volle te vereffen, óf hoop dat iemand anders dit sal doen.
Japan – Itadakimasu
Moenie jou eetstokkies kruis, daaraan lek of dit regop in ’n bak rys steek nie – dit word as baie ongeskik beskou. Moet ook nie kos met eetstokkies deel of aangee nie – in Japan word dit net tydens begrafnisse gedoen en onder enige ander omstandighede is dit heeltemal onvanpas.
Moet ook nie ’n fooitjie vir die kelner los nie. In Japan word daar bykans nooit fooitjies gegee nie en dit kan as ongeskik beskou word, sou jy dit doen.
Drink direk uit die sopbak. ’n Lepel word gewoonlik nie verskaf nie. Slurp jou sop, veral noedels en sop. Dit wys jou waardering vir die sjef. Hoe harder jy slurp, hoe beter.
Italië – Buon appetito
Moenie in Italië vir kaas vra as dit nie aangebied word nie. Dit is baie ontaktvol om ekstra kaas op jou pizza te strooi en nóg erger as jy dit by seekos voeg. Vermy ook melk of melkdrankies ná etes omdat dit vertering kan verhinder. Drink eerder ’n espresso.
Voeg gerus vir uitsonderlike diens ’n 5% of 10% fooitjie by die rekening. As jy net gemiddelde diens ontvang het, moenie bekommerd wees nie, ’n “diensfooi” is reeds by die rekening ingesluit.
Indië – kripya bhojan shuru kijiyai
In Indië moet jy al die kos op jou bord opeet. Om kos te mors, is baie onrespekvol. Moenie te vinnig of te stadig eet nie – dis belangrik om in pas met die ander mense te eet. Was jou hande voor en nadat jy geëet het en maak seker jou vingernaels is skoongeskrop. Moenie met jou linkerhand eet nie, want dit word as “vuil” beskou. Indiërs sal ook nie altyd eetgerei verskaf nie. As jy dus met jou hande moet eet, gebruik jou regterhand.
Thailand – Gin hâi a-ròi
Verwag dat jy al die borde met geregte op een slag gaan ontvang en nie een vir een soos gewoonlik die geval met voor-, hoof- en nagereg nie. Wees bereid om jou kos te deel. Dit is baie algemeen in Thailand en daarom word ’n groot bak kos dikwels op die tafel geplaas sodat dit onder almal aan tafel gedeel kan word. Moenie met jou vurk eet nie, gebruik dit slegs om kos op jou lepel te plaas of te skuif. Moet ook nie die laaste bietjie kos uit die bak eet waaruit almal deel nie.
China – Sihk Faahn
Breek gerus ’n wind – in China word dit as ’n kompliment aan die sjef beskou omdat hy ’n bevredigende maaltyd gekook het. Wees betyds vir ’n ete-afspraak en trek mooi aan om respek vir die ander mense te bewys wat saam met jou gaan eet.
Moenie al jou kos opeet nie, los ’n bietjie kos op jou bord oor om te wys dat jou gasheer of gasvrou vir jou meer as genoeg kos gegee het. Moenie in jou kos rondkrap om by ’n spesifieke stukkie kos uit te kom nie, dit is baie ongeskik. Moet ook nie ’n fooitjie los nie.
Bronne: www.restaurantchoice.co.uk, www.tripadvisor.co.uk en travel.allwomenstalk.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie