Taiwannese akteur draf 4Deserts-marathon kaf
Francoise Steynberg - 'n Bekende Taiwannese sanger en akteur, Fan Yi Chen (41), het onlangs aan die 4Deserts-ultramarathon in die Namibwoestyn deelgeneem.
Fan is een van 19 Taiwannese wat van 28 April tot 4 Mei aan die wêreldbekende moordende ultramarathon van 250 km in ses fases in die Skedelkus Nasionale Park deelgeneem het.
Uit al die deelnemers van meer as 40 lande het hy 34ste geëindig, en uit sy landgenote het hy derde gekom.
Fan, beter bekend as Van Fan, van Taipei, het in Taiwan sterstatus bereik ná sy hoofrol in die gewilde fliek Cape No. 7.
Hy het ook die twee temaliedjies in die fliek As Happy as Can Be en South of Border gesing.
Hy is ’n boorling van Taiwan en ’n lid van die Amis-stam.
Dit was Fan se eerste deelname aan die ultramarathon wat die derde jaar in Namibië plaasgevind het en die Sahara-marathon in Egipte vervang het. Fan het ook in Namibië getoer en die Etosha Nasionale Park, ’n Himba-nedersetting en Joe's Beerhouse besoek.
Op sy Facebook-blad pryk talle foto’s van Namibië se asemrowende landskappe, ryk wildlewe en kulturele verskeidenheid.
Florian Vieux van Switserland is eerste oor die wenstreep en Joanna Zakrewski van Brittanje is die vroue-wenner van 2019.
Vanjaar het geen Namibiër aan die marathon deelgeneem nie. Verlede jaar het die voormalige Namibiese krieketspeler, Tobias Verwey, die ultra-afstand kafgedraf en in 2017 het Lourens Rademeyer, Hannes Smit en Alfeus Haushona die Namibiese vlag hoog laat wapper.
Die Racing the Planet-reeksmarathon word ook in drie ander woestyne aangebied – die Atacama Crossing-marathon is in Chile, die Gobi March-marathon in Mongolië en The Last Desert in Antarktika, Nieu-Seeland en Georgië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie