Takealot slaggereed vir Swart Vrydag
Takealot slaggereed vir Swart Vrydag

Takealot slaggereed vir Swart Vrydag

Petrus Malherbe - Suid-Afrika se grootste e-handelaar verwag om op Swart Vrydag vanjaar een pakkie per sekonde uit sy enorme pakhuise te verskeep.

Takealot het verlede jaar op Swart Vrydag meer as R196 miljoen se goedere op dié bekende inkopiedag van die hand gesit. Dit is 125% méér as in 2017.

Kim Reid, uitvoerende hoof, verwag dat Swart Vrydag vanjaar nog groter gaan wees en sê die maatskappy het reeds voorbrand gemaak teen die verwagte toename in die getal bestellings.

Takealot het nou plek vir 3,7 miljoen pakkies in sy pakhuise landwyd en verwag dat 10 000 bestellings per uur sy store op Swart Vrydag gaan verlaat. Die e-handelaar verwag om uiteindelik 2 miljoen pakkies oor die feestyd af te laai en dat sy bestuurders 4 miljoen km gaan aflê tussen nou en Kersfees.

Takealot se kredietkaartverskaffer het hom egter verlede jaar vroeg op Swart Vrydag in die steek gelaat omdat dit nie die skielike toename in verkeer op sy webwerf kon hanteer nie. Die webwerf was sowat 40 minute lank van lyn af.

Die maatskappy het by navraag gesê hy het die afgelope jaar nou saamgewerk met al sy verskaffers van betalingsdienste om te keer dat ’n soortgelyke misstap vanjaar plaasvind.

Takealot verwag dat enigiets tussen 70 000 en 100 000 mense op enige oomblik gelyktydig sy webwerf op Swart Vrydag vanjaar gaan besoek.

Takealot besit en bedryf ook die aanlyn klerewinkel Superbalist. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!