Taks: u2018Regering moet vertroue herbouu2019
Taks: u2018Regering moet vertroue herbouu2019

Taks: ‘Regering moet vertroue herbou’

Belastingbetalers doen wat hulle kan om so min as moontlik belasting te betaal, sê die buurland se adjunkminister van finansies.
Hanlie Stadler – David Masondo, adjunkminister van finansies, het Maandag gesê Suid-Afrikaners se “belastingmoreel” is op ’n laagtepunt omdat hulle die regering nie vertrou nie.

Kortom: Belastingbetalers doen wat hulle kan om so min as moontlik belasting te betaal.

Masondo het op ’n belastingkonferensie in Johannesburg beaam wat Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), op dieselfde geleentheid gesê het.

Masondo sê hoewel niemand daarvan hou om belasting te betaal nie, “is ek seker ons kan almal saamstem dat belastinginkomste ’n kritieke boublok vir ’n billike en volhoubare samelewing is”.

Hy sê die onthullings wat nou voor verskeie kommissies van ondersoek aan die lig kom, is “kommerwekkend”.

Wantroue in die regering het daartoe gelei dat belastinginvordering hul teikens met al hoe groter bedrae misloop. “Van ’n tekort van R7 miljard in die 2015-belastingjaar het die onderverhaling konsekwent gestyg tot die jongste tekort van R57 miljard.

“En dít het gebeur oor ’n tydperk waarin belastingkoerse aangehou styg het, met hoër koerse vir persoonlike inkomstebelasting vir almal, ’n nuwe topkoers van 45% op inkomste bo R1,5 miljoen, hoër kapitaalwinsbelasting en dividendbelasting, stygings in brandstofheffings, en selfs ’n verhoging in belasting op toegevoegde waarde.”

Masondo sê “soos ’n tafel wat nie op minder as drie pote kan staan nie,” hang die sukses van Suid-Afrika se belastingstelsel af van drie dinge: politieke leierskap, goeie belastingbeleid en ’n doeltreffende belastingadministrasie.

“Ons het onlangs hernuwing van ons politieke leierskap gehad en ons is daartoe verbind om goeie belastingbeleid te ontwerp, gegrond op robuuste ontleding. Ons is net so verbind daartoe om saam met ons kollegas by die SAID te werk om te verseker dat ons die vertroue wat oor tyd verminder het, en skade aan belastingbetalersmoreel, te herbou.”

Masondo sê belastingmoreel sal vanself verbeter as die regering belastinggeld “doeltreffender bestee en sigbare waarde” daaruit lewer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!