Taktiek help De Lange en Hahn seëvier
Altesame 66 spanne het die strawwe tweedaagse skoftoer noord van Windhoek voltooi.
Andrew Poolman – Die Rock & Rut bergfietsklub se 15de aanbieding van die FNB Otjihavera Experience moes vanjaar weens die coronaviruspandemie ’n paar keer uitgestel word, maar is uiteindelik die afgelope naweek met groot sukses en waardering deur deelnemers aangebied.
“Die Otjihavera is altyd een van my spesiale gunsteling byeenkomste en een van ons lekkerste tweedagresiese,” sê die Namibiese Olimpiese ryer Michelle Vorster, wat met Piet Swiegers as spanmaat in ’n puik vyfde posisie algeheel geëindig het. Hulle was ook die wenners van die gemengde afdeling.
“Die roete was goed beplan en uitdagend, met op- en afdraandes. Op die tweede dag was die wegspring bietjie later die oggend (agtuur) en gevolglik het die onmenslike hitte die meeste ryers behoorlik gevang. Op dag twee was die eerste 40 kilometer opdraand, voor jy die afdraand kry en dan weer twee baie steil klimdele wat ons in bergfietstaal ’n muur noem.”
Aan die voorpunt het Tristan de Lange en Hugo Hahn uiteindelik met sowat sewe minute gewen teen Alex Miller en Bergran Jensen, nadat laasgenoemde op die eerste dag met ’n tegniese terugslag tyd verloor het.
De Lange sê hy en Hahn, die nasionale o.18-kampioen, het vooraf baie vertroue in hul wenkanse gehad, hoewel hulle bewus was van verskeie ander spanne se bedreiging.
“Ons het die eerste dag baie slim en strategies gery. Dit het ons op die regte tydstip naby die halfpadmerk ’n voorsprong besorg om die skof met agt minute te wen.
“Hiermee kon ons op dag 2 ook die knoop deurhaak, deur konserwatief te ry en nie druk op onsself te plaas nie. Ons het net nodig gehad om by Alex en Bergran te bly en hoewel hulle ons op die laaste klim 2 km voor die einde agtergelaat het, kon hulle nie meer ons tydvoorsprong bedreig nie. Welgedaan aan hulle met ’n goeie vertoning.
“Ons is net opgewonde om weer te kan resies jaag en sulke wonderlike dae op die fiets met ander te deel.”
Die Otjihavera-resies verg spanwerk, vasberadenheid en uithouvermoë van elke deelnemer. Die spanne van twee het talle kombinasies van pa-en-seun, pa-en-dogter, getroude pare, broer-en-suster of vriende ingesluit.
Die organiserende komitee van Rock & Rut het bietjie nostalgies nuwe lewe in van die vorige roetes geblaas. Deelnemers het op dag een naby die Kapps Farm padblokkade begin en by Midgard Lodge geëindig, en dag 2 by Okapuka afgesluit.
Die roete het deur natuurskone landskappe rondom Windhoek gekronkel en deur sommige jagplase gestrek, met boere wat nie net goedgunstiglik toegang verleen het nie, maar ook met waterpunte bygestaan het.
Dag een se skof was omtrent 86 km en dag twee 68 km. Die klimhoogte op elke dag was omtrent 1 100 meter. Altesame 66 spanne het dag twee se eindstreep gehaal.
Die kinderresies, in sy tweede jaar, is ywerig deur die ouers ondersteun wat die ryers op die 15 of 30 km roete met trots aangemoedig het.
Die voorste uitslae was soos volg:
MANSPANNE (70 jaar en jonger)
1 Hugo Hahn en Tristan de Lange (Danste MBM) 05:40:32
2 Alex Miller en Bergran Jensen (MBM Racing) 05:47:41
3 Drikus Coetzee en Gerhard Mans (Hollard) 05:52:37
4 Jurgen Sander en Julian Nel (Cymot Racing) 06:47:00
5 Frederick van Greunen en Willem van Greunen (Van Greunen Brothers) 07:22:53
6 Maruen Kleopas en Tuhafeni Hamundjebo (RMB Elite) 07:28:32
7 Nelius Burger en Francois Nel (Tour de Hollard) 08:17:47
8 Charl Fouche en Wynandt Gouws (T&C) 08:42:51
9 Kai Langmaak en Gunnar Kretzschmar (OmniTel) 10:01:45
10 Stephen Grace en Shanco Renton (First National Bank) 10:34:13
MANSPANNE (71-95 jaar)
1 Ingram Cuff en Christo Swartz (Hollard Insurance) 06:07:38
2 Clinton Hilfiker en Fanie Steenkamp (Scott Racing) 06:25:58
3 Cobus Smit en Christiaan Bean (Cymot Racing) 06:35:36
4 Marcel Suren en Mannie Heymans (MBM) 06:41:30
5 Louis Prins en Vernon Maresch (FLM Crank and Sprocket) 06:41:33
6 Ian Grassow en Heino Windisch (FNB Elderlies) 06:48:31
7 Pierre Knoetze en FA Gerber (Team Sesriem) 07:04:16
8 Tyrone Kotze en Fana Lambert (2 Pelle) 07:04:18
9 André Vermeulen en Morne Nell (MBM Megatech Racing) 07:05:10
10 JD Engels en Gerhard Breed (Swakop Maniacs) 07:18:13
MANSPANNE (96 jaar en ouer)
1 Stefan Bohlke en Hans du Toit (Desert Rats) 06:50:26
2 Allan Vivier en Louis Peens (Food Lovers Market) 07:23:07
3 Carl Hahn en Andrew Chase (101) 07:31:47
4 Frank Bombosch en Stephen Chamberlain (Huppel & Knuppel) 07:41:10
5 Hannes Aucamp en Gerhard Mans senior (Star Bodies) 09:17:27
6 Kai Tegethoff en Hans Hashagen (Hans Toffie) 09:26:27
7 Jan van Blerk en Jan Matthys Nel (Jan kwadraat) 09:55:28
8 André Snyman en Anton Westraadt (Dumb & Dumber) 10:27:29
9 Gunter Penzhorn en Horst Heimstadt (NHP Masters) 12:08:58
E-BIKES
1 Axel Theissen en Michael Lowe (Cymot Masters) 06:51:29
2 Eckhard Waldschmidt en Volker Engling (Rum & Redwine) 07:04:52
VROUESPANNE
1 Nicola Fester en Sandra Lippert (Cymot Racing Ladies) 08:13:49
2 Christiane Beulker en Wilmien Chamberlain (Christiane & Wilmien) 08:24:48
3 Lonel Smith en Samantha Geyser (Uber Girls) 08:32:37
4 Binette Klein en Jaen-Marie Mostert (Elite Cleats) 10:12:21
5 Karin Brockmann en Berrit Graf (Karber) 11:11:23
GEMENGDE SPANNE
1 Michelle Vorster en Piet Swiegers (J&S Davin Trust) 06:25:27
2 Philip Steyn en Irene Steyn (MBM mixed Steyns) 07:19:02
3 Michelle Döman en Des Döman (Food Lovers Market Mix) 07:26:40
4 Gaby Raith en Rene Graf (Hot Lime) 07:48:37
5 Jaco Lamprecht en Robyn-Lee Swartz (Hollard Mixed) 07:57:11
6 Susanne Borg en Leander Borg (Mixed Pleasure) 08:07:15
7 Monique du Plessis en Nick du Plessis (Food Lovers Market Mixed) 08:18:00
8 Ronya Goethje en Christopher du Plessis (Prosure) 08:39:05
9 Marion Schonecke en Freddy van Zyl (Biltong and beer) 08:42:43
10 Lena Dolle en Tim Wucher (Stretch) 09:43:03

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie