TALA Namibia stel aanlyn fees bekend
N$30 000 op die spel!
TALA Namibia, die sellulêre videostromingsplatform, het onlangs ’n aanlyn fees van stapel gestuur wat moontlik gemaak is deur 'n groep plaaslike vervaardigers en filmmakers in samewerking met die Namibiese filmkommissie en Nuella TV.
Dit sal die eerste Namibiese aanlyn fees wees wat die land se uiteenlopende kulture, tale en talente ten toon stel en die blywende gees van veerkragtigheid in Namibië vier.
Oudio- en visuele kunstenaars wat inskryf staan boonop ’n kans om ’n kontantprys van N$30 000 te wen.
Dié stap volg nadat die kreatiewe bedryf besef het dat daar 'n werklike behoefte bestaan om 'n volhoubare kreatiewe bedryf te skep en verder te ontwikkel.
Die resultaat was TALA, wat bekend gestel is as 'n ideale platform vir die verskillende kreatiewe projekte wat deur die jare plaaslik ontwikkel is. Hierdie platform kon slegs deur samewerking realiseer en kan nou optree as 'n bemagtigende omgewing vir plaaslike talent.
As ’n sellulêre videostromingsplatform sal TALA die funksie hê om gesentraliseerde toegang tot Namibiese kreatiewe inhoud te bied. Dit sal kreatiewe inhoud in verskeie vorms wees, geskep deur Namibiese kunstenaars van uiteenlopende agtergronde, en toeganklik wees vir almal.
Die TALA Namibia-fees vind plaas in ’n tyd van nood, waar kreatiewe praktisyns sukkel om hul werke uit te stal en te versprei weens die voortslepende Covid-19-pandemie.
Gedurende die sewe dae van die fees, 12 tot 19 Mei, sal gehore die geleentheid kry om na hul gunstelinge te kyk en te stem.
Die kategorieë waaroor gestem moet word, sluit in fiksie, dokumentêre films, kinderinhoud, animasie, musiekvideo's, video's van lewendige uitvoerings (insluitend stand-up komedie, teateropvoerings, dans, TikTok en tuisinhoud).
“Dit is so inspirerend om te sien hoe die kreatiewe bedryf hande vat om hierdie fees op die been te bring. Ons is almal desperaat vir die wêreld om ons werk te sien. Die Covid-maatreëls hoef nie ons kreatiewe gedagtes ook in te perk nie,” het Joel Haikali van die produksiemaatskappy Joe Vision Production gesê.
Inskrywings vir die fees is gratis en het op 21 Maart geopen. Die sluitingsdatum is 4 April. Inskrywings kan by http://talanamibia.com ingehandig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie