Talent is ’n groot versameling van klein dinge
Irene-Mare van der Walt – Ek spog gereeld oor my dae as lid van die Mascato-jeugkoor.
Wat die koor nog meer spesiaal maak, is die lewenslange vriendskappe wat ek gesmee het. Dit was ’n brokkie raad wat koordirigent Theo Cookson tydens my oudisie vir my gegee het.
Ek was nooit voor dié oudisie rêrig ’n sanger nie en het hoegenaamd nie in ’n musikale omgewing grootgeword nie; maar soos kooroudisies maar is, moes ek sing.
Ek weet nie hoe hierdie brokkie inligting my nie bygeval het voor Theo noot gegee het en ek moes saamsing nie; maar dit het nie.
Toe ek uiteindelik besef, het Theo reeds aangeneem ek kan nie so hoog sing nie en hierdie einste sopraan ’n paar note in die altstem laat sing. Laer note het my nie minder angsbevange gemaak nie en ek moes bieg.
“Ek kan nie eintlik sing nie,” het ek uiteindelik gesê. Theo se oë het groot gerek en ek het stilgebly.
“My darling, let me tell you a secret, anybody can sing,” is ’n sin wat my die afgelope ses jaar moed gegee het.
Voor daardie einste klavier in die skoolsaal het Theo my lewe verander.
“As jy fisiek in staat is om klanke met jou stem te maak, kan jy sing. Ons kan jou leer om noot te hou, tegniek leer, ons kan jou laat oefen tot jou stem sterk is, jy moet net werkende stembande hê,” het hy verduidelik.
Ek het vir amper vyf jaar in die koor sangtalent met min sukses geflous, maar ek was daar en kan vandag noot hou wanneer ek Ola Gjeilo se Northern Lights in die stort aandurf.
Van daar af flous ek. Ek wil amper sê ek het myself tot in my posisie as joernalis geflous. As jy woorde ken, kan jy skryf en as jy kan skryf, kan jy skryftegniek leer. Jy kan jou woordeskat verbeter tot jy amper jou posisie verdien.
Toe ek 15 was het ek die Ierse taal aangedurf. Ek klink vandag nog soos ’n lepel in ’n elektriese menger wanneer ek vir iemand in Iers probeer sê ek is lief vir hulle. Die enigste nut wat ek vir die taal gekry het, is om my kat Sionnach te doop, maar ek geniet die idee dat ek die enigste persoon in ’n vertrek is wat hierdie sterwende taal kan praat.
Op 16 het ek sonder ’n kunstige haar op my kop, kalligrafie (sierskrif) opgeneem en moes weer eens myself flous. As jy ’n pen kan vashou, kan jy lyne teken en as jy kan lyne teken, kan jy draaie en krulletjies teken en as jy draaie en krulletjies kan teken, kan jy kalligrafie doen. Vandag is my kalligrafie nie ’n uitstalling werd nie, maar ek kan darem iemand se naam met sierskrif op ’n verjaardagkaartjie skryf.
Dinge is net moeilik as jy dit moeilik maak. Die idee dat jy van jou eerste probeerslag af die prosangeres, Pulitzer-joernalis, gesogde kalligraaf of ’n fluweelsagte aksent in jou tweede, derde of vierde taal moet besit, is sommer bog. Neem die sprong en val plat op jou gesig.
‘n Bietjie skaamkry sal jou nie doodmaak nie, jy is gemaak om te lewe. Jy kry net een kans, moet nie jou enigste kans laat verbygaan omdat Picasso se skilderye mooier as jou waterverfskildery is nie.
Die ergste wat kan gebeur is dat jy nie daarmee kan spog nie en die beste is dat jy vordering kan maak. As jy nie ’n wonderkind was nie, is dit niks om jouself voor te skaam nie, al skaamte is die skaamte om nie te probeer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie