Talent van oral versamel by Dome
Rolskaatshokkie
Die twee Namibiese spanne is bekend gemaak vir die tweede Afrikabekertoernooi wat van 21 tot 27 Mei in The Dome op Swakopmund aangebied word.
Die verdedigende kampioenspan, die Namibiese senior span, is daarop uit om nog 'n titel by te voeg. Daar sal egter sterk kompetisie van verskeie ander spanne wees en die naweek beloof om propvol aksie te wees.
Ander aanspraakmakers sluit in die Daredevils, 'n kombinasie van Namibiese en Duitse spelers; asook die Moose Knuckles van Suid-Afrika wat ook twee Brasiliane, 'n Amerikaner en twee Namibiërs insluit.
Team Dome, onder die leierskap van Dave Hammond, asook Team Falcons, 'n oorwegend Namibiese kombinasie met 'n speler van Nieu-Seeland in hul midde, sal 'n krag wees om mee rekening te hou.
Die Rhinos kan die grootste verrassingspakket wees, met internasionale spelers van Italië, Frankryk, Australië en Brittanje, asook 'n paar Namibiese spanlede wat in die vorige Afrika-toernooi in aksie was.
Die koms van Indië se nasionale span word ook gretig afgewag vir hul eerste deelname aan die Afrika-toernooi.
Die agttal spanne word voltooi deur die Namibiese junior mans, wat die Afrika-toernooi sal gebruik ter voorbereiding op hul deelname aan die wêreldkampioenskap in Italië gedurende Julie 2018.
Na afloop van die eerste stel proewe laas November is die Namibiese nasionale junior span intussen gekies en bekend gemaak. Intensiewe oefenkampe word maandeliks gehou in die aanloop tot die wêreldkampioenskap.
Die Namibiese juniors het by verlede jaar se wêreldspele in Nanjing, China, 'n merkwaardige negende plek algeheel behaal. Die nasionale afrigterspan is vol vertroue dat hulle vanjaar weer 'n groep spelers het wat die land trots sal maak deur kompeterende vertonings op die baan en professionele gedrag van die baan af.
'n Geldinsamelingsprojek is vir die nasionale junior span geloods, waarin die woord “ITALY” na 5005 ge-SMS kan word. Elke SMS kos N$5.
Die Namibiese senior mans: Marco Debortoli (kaptein), Ulfried Cramer (doelwagter), Marcel Baas, Björn Baufeldt, Lars Borg, Altus Coetzee, Otti Foerster, Chayton Haberl, Tiago Kutz, Liam Strydom, Wim van der Plas, Brian Sobel (afrigter).
Die Namibiese junior mans: Danilo von Ludwiger (kaptein), Nico Epler (onderkaptein), Amandus Röttcher (onderkaptein), Ruben Bacher (doelwagter), Stefan Bartsch, Christiaan Coetzee, Hendrik Diekmann, Max Finkeldey, Natangue Kaperu, Sean Liechti, Anko Lucks, Joshua Nependa, Ivan Reviglio, Nicola Reviglio (doelwagter), Brian Sobel (afrigter), Bryan Robbins (hulpafrigter).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie