Talent vir o.13 Cravenweek gesoek
Môre en Woensdag word die Sanlam nasionale onder 13 Cravenweek rugbyproewe by die Primêre Skool Pionierspark se veld aangebied.
Die vyf streekspanne Hardap, Erongo, Karas, Khomas en Noorde plus ’n Sollie Duiker vyftiental sal sake uitspook.
Na afloop van die proewe sal ’n groep van 34 spelers aangewys word, wat vanaf 18 tot 20 Mei in ’n oefenkamp en finale proefwedstryd betrokke sal wees waarna die Namibiese Cravenweek o.13-span aangewys sal word.
Die verkose seuns en beamptes (Patrick Ludick as hoofafrigter, Lappies Labuschagne en Brian Titus as hulpafrigters en Riana van Zyl as spanbestuurder) sal die land vanaf 27 Junie tot 1 Julie by die Cravenweektoernooi in die Paarl verteenwoordig.
Organiseerders het hul dank uitgespreek vir Sanlam Namibia Holdings vir sy betrokkenheid en borgskap aan die land se laerskolerugby oor die laaste 22 jaar, sonder wie se ruim skenkings en betrokkenheid deelname aan die Cravenweek en ontwikkeling nie moontlik sou gewees het nie.
Tydens die Sanlam nasionale proewe sal ook ’n groep van 28 spelers gekies word met die oog op ’n sewesoefenkamp op 15 en 16 Julie. Na afloop van die oefenkamp sal 16 spelers uitgesoek word wat einde Julie aan die nasionale sewestoernooi sal deelneem. Die doel is om 12 spelers te kies wat tydens die Augustus-skoolvakansie aan die Cossasa Balspele in Botswana sal deelneem. Daar is ook ’n provinsionale toernooi in die RSA waarheen Namibië genooi is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie