Talentvolle groep vir skouspel
Sewesrugby
Organiseerders in Namibië is positief dat die Tisan-span minstens die semifinaal sal haal en selfs verder kan vorder wanneer die Wêreldstudentespele in sewesrugby van 11 tot 14 Julie op Swakopmund aangebied word.
Finale proewe is laas naweek in Windhoek gehou en 'n talentvolle oefengroep sou gister onder leiding van die afrigter, mnr. Les Bougard, begin voorberei.
Die plaaslike aanslag van Tisan (Sportvereniging vir Tersiêre Instellings van Namibië) het 'n hupstoot gekry toe die amptelike loting vir die toernooi laas week in Switserland afgehandel is.
“Namibië het 'n besonder gunstige loting en het 'n goeie kans om tot die halfeindronde te vorder. Van daar af kan enigiets gebeur,” sê mnr. Werner Jeffery, president van Tisan.
Die loting vir die toernooi is:
Groep A: Namibië, Maleisië, Sri Lanka, Colombia.
Groep B: Frankryk, Argentinië, Uganda, Zambië.
Groep C: Australië, Suid-Afrika, China, Botswana.
Die Tisan-groep wat ná die proewe uitgesoek is: Shareave Titus, Donovan Kandjii, Oderich Mouton (Blou Bulle o.20), Milaan van Wyk, Silvano Beukes, Simon Haitembu, Kami Mieze, Lloyd Jacobs (Kudus), Arnon van Wyk, Lee-Anzo Losper, Richard Mupewa.
Nog 'n klompie spelers wat vrystelling gehad het om vanweë ander rugby- of akademiese verpligtinge nie by die proewe teenwoordig te wees nie, sou ook gisteraand welkom wees om by die oefengroep aan te sluit.
Dié bykomende spelers is Camlo Martin, Helarius TC Kisting, Chad Plato, Nikin Cloete (almal lede van die nasionale of Welwitschias oefengroepe), Sunday Haitembu, Unomasa Kavita, Gilad Plaatjies, Allie Emamdien, Lorenzo Louis, Max Katjijeko, Romanzo Lento, Beruxa Geiseb.
Net spelers tussen die ouderdomme van 17 en 25 jaar wat bewys van registrasie as studente vir 2018 of verlede jaar kan lewer, kom vir die Wêreldstudentespele in aanmerking.
Die sewes-skouspel op Swakopmund in Juliemaand bots nie met wedstryde van die Welwitschias óf die nasionale span nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie