Talibanleier moontlik in lugaanval dood
Amerika het Saterdag ’n lugaanval op die Afgaanse Taliban uitgevoer en dié groep se leier het vermoedelik gesterf toe die voertuig waarin hy gery het, raakgeskiet is.
Die aanval is in ’n afgeleë gebied in Pakistan naby die grens tussen dié land en Afganistan uitgevoer.
Indien bevestig word dat die Talibanleier in Afganistan, Moellah Akhtar Mansoer, tydens die aanval gesterf het, kan die stryd vir ’n opvolger die onenigheid tussen strydende faksies in dié insurgensiebeweging verder verdiep.
Volgens Amerikaanse amptenare is Saterdag se sending in opdrag van pres. Barack Obama uitgevoer en verskeie hommeltuie is in die aanval gebruik.
’n Pentagon-woordvoerder, Peter Cook, het die bevestig die aanval waarin Mansoer die teiken was, is naby die grens tussen Afganistan en Pakistan uitgevoer, maar hy wou nie bespiegel of dié leier wel omgekom het nie.
“Ons ontleed nog die gevolge van die aanval en sal meer inligting bekend maak soos wat dit beskikbaar word,”het hy gesê.
Intussen het die Taliban nog nie amptelik gereageer nie, maar sy fokus het onmiddellik verskuif na Mansoer se adjunk, Sirajoeddin Haqqani. Hy is die leier van ’n berugte netwerk wat vir die meeste van die onlangse hoë profiel selfmoordaanvalle in Kaboel geblameer word.
“Bloot op grond van die hiërargie, is hy die gunsteling om Mansoer op te volg,” het Michael Kugelman, ’n ontleder by die Woodrow Wilson-instituut in Washington, gesê.
“Sover dit die Taliban betref, is niks ’n uitgemaakte saak nie en leiers word nie noodwendig op grond van hul bevoegdheid gekies nie.”
Haqqani, wat verlede jaar as Mansoer se tweede-in-bevel aangewys is, word in die algemeen beskou as ’n teenstander van onderhandelinge en indien hy as leier oorneem, kan vredesonderhandelinge daaronder ly.
Pogings om ’n nuwe reeks samesprekings tussen die Afgaanse regering en die Taliban op koers te kry, het reeds skipbreuk gelei ná ’n selfmoordaanval in Kaboel verlede maand waarin 64 mense gesterf het.
Pres. Asjraf Gani het daarna die fokus na militêre operasies verskuif.
-Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie