Talle sterf in brand
Die Ghanese regering het beloof om strenger veiligheidsmaatreëls by vulstasies regoor die land in te stel, nadat sewe mense dood is en talle beseer is toe ‘n tenkwa wat natuurlike gas vervoer het, in die hoofstad aan die brand geraak en verskeie ontploffings veroorsaak het. Die brand in die Legon-area van Accra Saterdag het die gasvulstasie in puin gelê en plaaslike inwoners uit hul huise laat spaander nadat ‘n reuse vuurbal die naglug ingeskiet het. Foto’s Nampa/Reuters/AFP/AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie