Talle sterf in Kaboel
Minstens 64 mense is dood en 320 beseer nadat 'n motorbom gister in Kaboel, Afganistan ontplof het. “Dit was 'n motorbom naby die Duitse ambassade, maar daar is verskeie ander belangrike geboue en kantore daar naby. Dit is moeilik om te sê wat die teiken was,” sê Basir Mujahid, polisiewoordvoerder in Kaboel.
Die ontploffing het veroorsaak dat huise honderde meter verder se ruite gebreek en deure uit hul kosyne geruk is. Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid geneem vir die ontploffing nie. Op die foto is 'n man wat in die motorbomontploffing beseer is. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie